9 November
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
9 November is die 313de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (314de in skrikkeljare). Daar volg nog 52 dae in die res van die jaar.
| << | November 2025 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | ||||||
| 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
| 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
| 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
| 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
| 30 | ||||||
| Al die dae | ||||||
Gebeure

- 264 – Pous Maksimus van Alexandrië volg Dionisius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX word in Rome gekroon.
- 1494 – Die familie de' Medici word uit Florence verdryf.
- 1518 – Pous Leo X verplig alle Christene om te glo dat die pous aflate kan toestaan.
- 1799 – Die staatsgreep van 18 Brumaire gelei deur Emmanuel Joseph Sieyès en Napoléon Bonaparte werp die Franse regering omver.
- 1872 – Die Groot Bostonvuur van 1872 begin en vernietig uiteindelik meer as 700 geboue in Boston in die VSA.
- 1901 – Prins George, die hertog van Cornwall, word Prins van Wallis en die Graaf van Chester.
- 1907 – Die Cullinan-diamant word op sy verjaarsdag aan Koning Edward VII geskenk.
- 1918 – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 1938 – Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi Duitsland, begin.
- 1953 – Kambodja word van Frankryk onafhanklik.
- 1989 – Val van die Berlynse Muur. Dit simboliseer die einde van die Koue Oorlog en die naderende ineenstorting van die Warskouverdrag; die begin van die einde van Sowjet-kommunisme.
- 2011 – Mark Boucher neem sy 500ste vangskoot in toetskrieket, die eerste speler ooit.
Remove ads
Geboortes
- 1805 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer († 1847).
- 1834 – Kondō Isami, Japannese swaardvegter en samoerai van die laat Edo-periode († 1868).
- 1841 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk († 1910).
- 1914 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder († 2000).
- 1922 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof († 1974).
- 1923 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise († 1965).
- 1927 – Carel Boshoff, stigter van Orania († 2011).
- 1934 – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer († 1996).
- 1965 – Bryn Terfel, Walliese operasanger.
- 1993 – Bianca Buitendag, Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer.
Remove ads
Sterftes
- 959 – Konstantyn VII van Bisantium. Sy seun Romanos II volg hom op (* 905).
- 1918 – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857).
- 1940 – Neville Chamberlain, Britse politikus (* 1869).
- 1970 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman (* 1890).
- 1999 – Dricky Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1918).
Vakansies, vierings- en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953).
- Schicksalstag in Duitsland.
| Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 November. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads