Ang Lee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Ang Lee
Remove ads

Ang Lee, OSS (Chinees: 李安, Pinyin: Lǐ Ān; gebore op 23 Oktober 1954) is ’n Taiwannees gebore Amerikaanse regisseur, draaiboekskrywer en rolprentvervaardiger.[1][2] Sy vroeëre prente ondersoek die verhouding en konflik tussen tradisie en moderniteit, Oos en Wes. Hy behandel ook onderdrukte, verborge emosies in baie van sy flieks, onder meer Crouching Tiger, Hidden Dragon; Hulk en Brokeback Mountain.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...

Hy het twee keer die Oscar vir beste regisseur gewen: vir Brokeback Mountain (2005) en Life of Pi (2012). Hy het ook die Oscar vir beste buitelandse prent gewen vir Crouching Tiger, Hidden Dragon (2000). Hy is die eerste Asiatiese persoon wat ’n Oscar, Golden Globe én Bafta vir beste regisseur gewen het, en die enigste regisseur wat die Goue Beer en Goue Leeu meer as een keer gewen het.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads