Angika

taal From Wikipedia, the free encyclopedia

Angika
Remove ads

Angika (अंगिका) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 15 miljoen mense in die Indiese deelstate Bihar en Jharkhand gebesig word.[4]

Thumb
Die woord "Angika" in Devanagari-skrif

 

Kitsfeite Angika अंगिका, Amptelike status ...

Alhoewel die aantal mense wat Angika besig, groot is, word dié taal in die grondwet van Indië nie erken nie. In Bihar word Hindi as onderwys- en amptelike taal gebruik.[5]

Angika behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Angika een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale.[6] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Angika as een van Nepal se baie nasionale tale.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads