Apocynaceae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Apocynaceae is die oleander-familie wat hoort tot die orde Gentianales. Hierdie familie sluit mooi plante en struike in, byvoorbeeld die Frangipani, Oleander, Hoya en Impalalelie. Al die plante van die familie bevat 'n waterige of wit melksap wat normaalweg giftig is. Sommige van die sappe kan ook medisinaal gebruik word. Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande. Die meeste spesies dra tweelingvrugte maar sommige plante dra ook enkelvrugte. Daar behoort 1500 spesies tot die familie waarvan 40 plaaslik voorkom en 25 daarvan bome is.
Remove ads
Boom spesies
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Boesmansgif (Acokanthera oppositifolia)
- Bospaddaboom (Tabernaemontana ventricosa)
- Bottelboom (Pachypodium lealii)
- Duinegifboom (Acokanthera oblongifolia)
- Grootnoemnoem (Carissa macrocarpa)
- Halfmens (Pachypodium namaquanum)
- Madagaskarpalm (Pachypodium lamerei)
- Horingpeultjieboom (Diplorhynchus condylocarpon)
- Impalalelie (Adenium multiflorum)
- Kamassie (Gonioma kamassi)
- Kinaboom (Rauvolfia caffra)
- Paddaboom (Tabernaemontana elegans)
- Saalpeultjieboom (Wrightia natalensis)
- Wildefrangipani (Voacanga thouarsii)
Remove ads
Struik spesies
- Selonsroos (Nerium oleander)
Plant spesies
- Boesmansgif
- Halfmens
- Kinaboom
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Apocynaceae. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads