Azerbeidjanners
die tweede grootste Turkse etniese groep From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
woonHierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Azerbeidjans.
Die Azerbeidjanners (Azerbeidjans: Azərbaycanlılar, آذربایجانلیلار) of Azeris (Azərilər, آذریلر), ook bekend as Azerbeidjanse Turke[42] (Azərbaycan Türkləri آذربایجان تورکلری), vorm naas die Turke die tweede grootste Turkse etniese groep, die grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en naas die Perse die tweede grootste etniese groep in Iran.[43] Hulle vorm die titulêre nasie van Azerbeidjan, waar hulle sowat 91,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Azerbeidjans, 'n Turkse taal, as moedertaal.


Wêreldwyd woon tussen 28 miljoen en 35 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 15 miljoen in Iran en sowat 8,2 miljoen in Azerbeidjan.[44] In Iran woon hulle veral in die noordooste in die streek Azerbeidjan, saam met minderhede soos Koerde, Armeniërs en Perse. Hulle vorm die meerderheid in die vier Irannese provinsies Wes-Azerbeidjan, Oos-Azerbeidjan, Ardabil en Zanjan. In Rusland woon tussen 603 070 en 1,5 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 130 000 in die Noord-Kaukasiese Republiek van Dagestan. In Turkye woon tussen 530 000 en 800 000 Azerbeidjanners, veral in die oostelike provinsies Iğdır en Kars. 284 761 Azerbeidjanners woon in die suidooste van Georgië, waar hulle 6,5% van dié land se bevolking uitmaak en die grootste etniese minderheid vorm.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads