Turkmene

From Wikipedia, the free encyclopedia

Turkmene
Remove ads

Die Turkmene (Turkmeense enkelvoud: Türkmen, Түркмен; meervoud: Türkmenler, Түркменлер, [tʏɾkmɛnˈlɛɾ]) vorm naas die Oesbeke en die Kasakke die derde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Turkmenistan, waar hulle sowat 85,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Turkmeens, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Thumb
Etniese kaart van Sentraal-Asië
Thumb
'n Turkmeen in Turkmenistan geklee in tradisionele klere, deur Prokoedin-Gorski omtrent 1910[7][8][9]
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turkmeens.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Naas Turkmene leef nog klein minderhede soos Oesbeke (5,8%), Russe (5,1%) en Kasakke (0,4%) in Turkmenistan. Turkmeense minderhede leef in lande soos Iran (1,3 miljoen), Afghanistan (200 000), Oesbekistan (152 000) en Pakistan (110 000).

Die Turkmene van Sentraal-Asië moenie verwar word nie met die Turkmene van die Midde-Ooste in Irak, Sirië en Turkye wat meer verwant aan Turke is en tydens die Ottomaanse tydperk daar gevestig het.[10]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads