Turke

From Wikipedia, the free encyclopedia

Turke
Remove ads

Die Turke (Turks: Türk milleti of Türkler), ook bekend as Anatoliese Turke (Anadolu Türkleri), is 'n Turkse etniese groep inheems aan Turkye en hulle praat Turks, 'n Turkse taal, as moedertaal. Hulle is die grootste etniese groep in Turkye sowel as die grootste etniese groep onder die sprekers van Turkse tale. Etniese Turkse minderhede bestaan in die lande van die voormalige Ottomaanse Ryk. Daarbenewens het 'n Turkse diaspora deur 'n moderne migrasie gevestig, veral in lande van Wes-Europa.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turks.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die verspreiding van die Turke het veral met die uitbreiding van die Ottomaanse Ryk gepaard gegaan. Daardeur het hulle op die Balkanskiereiland, in die Midde-Ooste en Noord-Afrika gevestig. As gevolg daarvan leef Turkse minderhede nog in lande buite Turkye soos Bulgarye, Griekeland, Irak, Siprus, Sirië en Roemenië. Maar as gevolg van die Ottomaanse Ryk se verbrokkeling en ontbinding na die neerlaag in die Eerste Wêreldoorlog het die meeste Turke in Turkye gevestig.

Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", en die regering het Turke genooi om in dié land te gaan werk en woon. Sulke kontrakte het die Turkse regering onder andere met Europese lande soos België, Frankryk, Nederland, Oostenryk en Swede gesluit.

In Suid-Afrika het die Turkse immigrasie in die 19de eeu begin, nadat die destydse Britse Kaapkolonie en die Ottomaanse Ryk in 1861 diplomatiese verhoudings gesluit het. Tans leef sowat 3 500 Turke in Suid-Afrika, veral in groot stede soos Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.[50]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads