Baarmoeder
hoof vroulike hormoon-responsiewe geslagsorgaan van die meeste soogdiere insluitend mense From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die baarmoeder is ’n vroulike sekondêre seksorgaan wat belangrik in die voortplanting van die mens en die meeste ander soogdiere is. Die onderkant van die menslike baarmoeder, die serviks, loop uit in die vagina, terwyl die bokant met die Fallopiusbuise verbind is. Dit is binne die baarmoeder dat die embrio ná bevrugting tot ’n fetus ontwikkel.

1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin
Die baarmoeder verskil in baie ander diere – sommige diere het twee aparte baarmoeders.
Die baarmoeder is in die bekkenstreek geleë, net agter die blaas en voor die sigmoïedkolon. Die menslike baarmoeder is peervormig en sowat 7,6 cm lank, 4,5 cm breed en 3 cm dik.[1][2] Dit kan anatomies in vier streke verdeel word: die fundus (die boonste, geronde deel), die corpus (liggaam), serviks en servikale kanaal. Ligamente hou die baarmoeder in die bekken in posisie.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads