Baske

From Wikipedia, the free encyclopedia

Baske
Remove ads

Die Baske (Baskies: euskaldunak; Spaans: vascos; Frans: basques) is 'n etniese groep inheems aan die outonome Gemeenskap van die Baskeland in die noorde van Spanje wat met die Baskiese taal verband hou.[4][5][6] Hulle deel 'n gemeenskaplike Baskiese kultuur, afkoms en praat Baskies as moedertaal asook Spaans of Frans as tweede taal. Baske vorm 'n nasie in die noordelike outonome gemeenskap Baskeland. Streng gesproke verwys die term Baske na die bevolking van Baskeland wat net van Baskiese afkoms is.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Baskies.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Ikurrina, die vlag van die Baske en die Baskeland

Wêreldwyd leef tussen 2 en 3 miljoen Baske, waarvan sowat 2,4 miljoen in die Baskeland. In 'n breër sin verwys die term Baske ook na mense van Baskiese afkoms wat in die groter Baskeland (Euskal Herria) leef en Baskies praat. Die Baskeland sluit naas die outonome Gemeenskap van die Baskeland nog die outonome Gemeenskap Navarra in Spanje in asook die voormalige Franse provinsies Labourd, Neder-Navarra en Soule in.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads