Beroerte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Beroerte word gekenmerk deur 'n skielike verlies van funksie van 'n deel van die brein. Hierdie verlies is 'n gevolg van óf 'n verlies van bloedsomloop (perfusie) na 'n deel van die brein ("iskemie" genoem), of breinbloeding.[1] Die gevolg hiervan is dat 'n deel van die brein (tydelik) nie kan funksioneer soos dit veronderstel is nie. Dit kan resulteer in verlamming van een of meer ledemate, gewoonlik aan dieselfde kant van die liggaam (hemiplegie). Ook kan dit resulteer in die verlies van spraak of visie aan een kant van die gesigsveld.[2]
'n Beroerte is 'n mediese noodgeval wat permanente neurologiese skade, of selfs die dood, kan veroorsaak.
Remove ads
Tekens en simptome
Beroertes ontwikkel gewoonlik skielik, gedurende 'n aantal sekondes of minute, waarna die simptome nie verder vererger nie. Die simptome hang af van watter deel van die brein geaffekteer is en die grootte hiervan. Die mees tipiese simptome is skielike swakte van die gesig, wegsak van die arm wanneer die persoon dit in die lug probeer te hou en abnormale spraak.
Risikofaktore
Risikofaktore vir 'n beroerte is onder andere ouderdom, suikersiekte, hoë cholesterol, die rook van tabak, atriale fibrillasie, vorige beroertes en hoë bloeddruk[2] (die belangrikste aanpasbare risikofaktor[2]).
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads