Bloukranspas
bergpas in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Bloukranspas is 'n pas op die R102 tussen Plettenbergbaai en Humansdorp oor die kloof waardeur die Bloukransrivier loop en wat die grens tussen die Oos- en die Wes-Kaap vorm.[1] Hier is die rivier ook die oostelike grens van die Tsitsikamma. Die pas is 10 km lank, bereik sy hoogtepunt op 92 m bo seespieël[2] en het 'n maksimum helling van 1:7.
Remove ads
Geskiedenis
Die pas is deur Thomas Bain gebou. Hy het die pas saam met die Grootrivierpas en Stormsrivierpas as een projek gebou. Die werksaamhede het in 1879 begin en die Bloukranspas is in 1883 voltooi. Dit was die moeilikste van die drie passe om te bou.[3]
N2 Nasionale pad
Op daardie stadium het die N2 oor die Bloukranspas gegaan. Een honderd jaar na die voltooiing van die pas is die Bloukransrivierbrug voltooi wat die N2 herlei het.
Sien ook
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
