Humansdorp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Humansdorpmap
Remove ads

Humansdorp is 'n landelike dorp in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Humansdorp lê op ongeveer 4 kilometer afstand van die belangrike N2 nasionale pad tussen George en Port Elizabeth. Die dorp vorm deel van die Kouga Munisipaliteit wat Jeffreysbaai, Patensie, Hankey, St. Francisbaai en Oesterbaai insluit.

Kitsfeite Humansdorp (KwaNomzamo ingesluit), Land ...
Thumb
Die kerkgebou van die NG gemeente Humansdorp.
Thumb
Die museum op Humansdorp.
Remove ads

Geskiedenis

Die dorp se ontstaan kan terugvoer word na die afstiging van die NG gemeente Humansdorp in 1849 van die NG gemeente Uitenhage. M.G. Human het in latere jare 'n stuk grond aan die Kerkraad van die NG Gemeente Humansdorp geskenk waarop dorpserwe uitgelê is in 1853. Aanvanklik was die kerkgebou opgerig te Kerkplaas in die distrik. Met die ontwikkeling van die dorpserwe het die kerkgebou geskuif na die nuwe dorp wat knus ontwikkel het naby die Kromrivier.

Remove ads

Ligging en afstande

Humansdorp is baie strategies geleë, slegs 15 km van die bekende branderplankmekka Jeffreysbaai.

Meer inligting Afstande vanaf Humansdorp, Plek ...

Die bekende Roete 62 begin hier.

Remove ads

Landboubedrywighede

Vandag is Humansdorp die hartklop van die Kougastreek. Daar kan tereg verwys word na die streek as die "melkspens" van Suid-Afrika. Die Woodlands-melkery se aanleg is in die nywerheidsgebied, Panorama, geleë. Humansdorp is ook die sentrale punt van landboubedrywighede vir die nabye distrikte van die Gamtoosvallei, Langkloof en Tsitsikamma. Die Humansdorp Koöperasie is ook op die dorp geleë, met 'n ryk geskiedenis van diens aan die landbougemeenskap.

Skole en hospitale

Die dorp beskik oor 'n hele aantal skole onder meer die Laerskool Stulting, Graslaagte, Kruisfontein en Mzingizi. Die Hoërskole van Humansdorp is Nico Malan, Humansdorp Sekondêr en Lungiso. Die eerste vennootskapshospitaal in die Oos-Kaap was ook in 2005 op Humansdorp gevestig. Die vennootskap tussen die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en die Life-Hospitaalgroep het gelei tot die Kouga Vennootskapshospitaal wat uit twee afdelings bestaan, naamlik die Humansdorp Provinsiale (Staats-) Hospitaal en die Isivivana Privaat Hospitaal.[2]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads