Matoppie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Matoppie
Remove ads

Die Matoppie of Witgat (Boscia albitrunca) is 'n kleinerige boom, gewoonlik 6 m hoog, maar uitsonderlik tot 10 m hoog. In Engels staan die boom bekend as die Shepherd's tree.[1]

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Thumb
'n Matoppie in Botswana met sy opmerklike wit bas.

Dit is 'n immergroen boom inheems aan Suider-en tropiese Afrika, wat voorkom in die warm, droë, en dikwels brak laagliggende gebiede, soms op kalkkoppies asook rotsagtige terrein. Dit is 'n algemene boom in die Bosveld en Laeveld, behalwe in die Oos- en Wes-Kaap. In Afrika is die boom inheems aan Angola, Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe.

Hierdie boom het 'n prominente, stewige wit stam, dikwels met repies van ruwe, donker bas. Die kroonblare word dikwels deur bokke gevreet, asook deur ander grasvreters wat die blare kan bereik, wat lei tot 'n opvallende plat onderkant. Die blare is smal, omgekeerd lansetvormig, baie kompak met onduidelike are, behalwe vir die duidelike hoofaar. Die blomme is klein, groen-geel, stervormig en gegroepeer. Die vrugte, op 'n gelede steel, is sowat 10 mm in deursnee en het 'n bros vel met wit vlees en 'n groot endokarp.

Die boom se FSA-nommer is 122.[2]

Remove ads

Lees ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads