Mingerhout
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die mingerhout (Breonadia salicina) is 'n immergroen boom in die katjiepiering-familie, Rubiaceae. Dit is die enigste spesie in die genus Breonadia is dus 'n monotipiese takson. Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika,[1] en die boom se FSA-nommer is 684.[2]
Remove ads
Verspreiding
Die boom kom in tropiese en suidelike dele van Afrika in die volgende lande voor: Angola, Benin, Burkina Faso, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika kom dit in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Daar is ook 'n afgesonderde populasie langs die Limpoporivier wes van Musina.
Remove ads
Groeiwyse
Die boom kom soms in stande voor en groei net langs standhoudende riviere. Die boom lyk baie soos die Kinaboom, maar hulle kom nie in dieselfde habitat voor nie. Dit word tot 26 meter hoog en is immergroen. Die blare is in kranse van drie tot vier gerangskik, is ellipties, glansend donkergroen en min of meer regop.
Hout
Die hout is lig tot donker, baie duursaam en olierig van aard. Inheemse mense kerf lepels uit die hout aangesien dit nie maklik vog absorbeer nie, en sodoende langer hou as kookgerei. Die Afrikaanse woord "mingerhout" blyk ook na 'n mengstokkie te verwys.[3]
Ander name
Ander inheemse name is matumi in Engels, mohlomê in Sotho, mutu-lume in Venda en umfomfo in Zoeloe.
Galery
loof vrugstadiumbloeiwyses op die oewer van die Bumespruit 'n luiperdwyfie verlaat haar rusplek in 'n mingerhout
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads