Broederstroom

From Wikipedia, the free encyclopedia

Broederstroommap
Remove ads

Broederstroom is 'n dorpie langs die R512-pad op die Daspoortrand aan die voetheuwels van die Magaliesberg in Noordwes, Suid-Afrika. Dit het gegroei uit 'n Voortrekker-nedersetting wat gestig is in die nasleep van Mzilikazi se ontvolking van die streek tydens die Mfecane.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Die nedersetting is geleë in die Witwatersberg suid van die Hartbeespoortdam, in die voormalige Pretoriadistrik, naby Pelindaba, wat twee kernreaktore huisves vir navorsings- en vredestydse doeleindes.

Verskeie klein tot mediumgrootte besighede, oornaggeriewe, plaashuise en informele nedersettings is hier langs die R512–pad op die westelike oewer van die Krokodilrivier geleë. Die los samevoeging van wonings en besighede word deur die Jalalpor-pad wat van wes na oos loop, en die Bart Pretorius-pad wat van suid na noord loop, in twee gesny. Die uitgestrekte Pecanwood-gholflandgoed is sowat 4 km noord, aan die oewer van die Hartbeespoortdam, geleë.[1]

Remove ads

Geskiedenis

Vroeë Ystertydperk-boere was vanaf die 6de eeu hier teenwoordig, en die Bafokeng het die landskap vanaf die begin van die 16de eeu oorheers. Hulle het baie gely tydens die Mfecane van die 19de eeu, en die Voortrekkers het die gebied onmiddellik daarna binnegekom. Die dorpie is vernoem na drie broers van Generaal Andries Pretorius, naamlik Piet, Bart en Wynand Pretorius, wat hulle in die middel van die 19de eeu hier gevestig het. Die dorpie se naam is afgelei van die Nederlandse woord broeder, wat 'broer' beteken, en die 'stroom' van die Krokodilrivier. Voor en met die ontstaan van die nedersetting het die Krokodilrivier net as 'stroom' verby gegaan. Na die bou van die Hartbeespoortdam het Broederstroom die plek geword waar die Krokodilrivier die Hartbeespoortdam binnegaan.[2]

Bart Pretorius het omstreeks 1845 'n huis hier gebou. Andries Pretorius het in 1848 hier by sy jonger broers aangesluit, en sy seun MW Pretorius was eweneens 'n inwoner. Die bekende Afrikaanse skrywer Sangiro is in Broederstroom in 1894 gebore, en vanaf 1924 het die Afrikaner-historikus en taalaktivis Gustav Preller die gebied besoek en hom uiteindelik in die nabygeleë Pelindaba gevestig. Preller is op sy beurt gereeld deur Eugène Marais besoek, asook verskeie ander kunstenaars en intellektuele.[3][4][5]

Remove ads

Kultuurdorpie

Dertien hutte deel 'n oppervlakte van twee hektaar. Dit is koepelagtige strukture, gemaak van 'n ligte houtraam met 'n laag van blare en takkies binne en buite omring deur 'n modderdop, en gedek met geweefde gras. Tussen die huise is grafte verstrooi. Die inwoners verbou graan, beeste, skape en bokke, en is die stigters van die vervaardiging van ysterimplemente en delikaat-versierde keramiekwerk.

Remove ads

Sien ook

Bronne

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads