Bronkhorstspruit

Plek in Gauteng, Suid Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Bronkhorstspruitmap
Remove ads

Bronkhorstspruit is 'n dorp 50 km oos van Pretoria in die Gautengprovinsie, in Suid-Afrika. Die dorp is genoem na die Bronkhorsplant. Die dorp was die setel van die Kungwini Plaaslike Munisipaliteit, sowel as die Metsweding-distriksmunisipaliteit, maar beide is in 2011 ontbind en by Tshwane geïnkorporeer, dus Bronkhorstspruit ook.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Bronkhorstspruit huisves die Nan Hua-tempel, die grootste Boeddhistiese tempel in die Suidelike Halfrond. Die N4 nasionale pad gaan langs die dorp verby.

Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit, ontwerp deur Gerard Moerdyk.
Thumb
Leeudans by die Nan Hua-tempel tydens Chinese Nuwejaar op 10 Februarie 2019.

Die dorp het sy oorsprong te danke aan die spoorlyn van Pretoria na Lourenço Marques (nou Maputo in Mosambiek). Die spoorlyn het hierdie gebied in 1894 bereik. In 1904 het CJG Erasmus 'n dorp op sy plaas Hondsrivier uitgelê en die dorp is Erasmus genoem. In 1935 het die dorpsraad weer die oorspronklike naam Bronkhorstspruit gebruik. Die Slag van Bronkhorstspruit het op 20 Desember 1880 tydens die Eerste Vryheidsoorlog hier naby plaasgevind.

Remove ads

Distrik

Die distrik is 2 700 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, grondbone, sorghum, sonneblomsaad, beeste en skape. Vuurklei word ook in die omgewing gemyn en vir uitvoer verwerk. Die gewilde Bronkhorstspruitdam is sowat 10 km suid van die dorp.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads