Chagos-argipel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Chagos-argipel (/ˈtʃɑːɡoʊs/ of /ˈtʃɑːɡəs/; Engels: Chagos Archipelago, voorheen: Bassas de Chagas[1] en later ook Oil Islands, bekend as Foalhavahi (ފޯޅަވަހި) in Dhivehi, as Phehandweep (फेहंद्वीप) in Hindi en ander Noord-Indiese tale en as as Paeikaana Theevukal (பேகான தீவுகள்) in Tamil) is 'n argipel in die noord-sentraale Indiese Oseaan, wat uit 7 atolle bestaan. Die argipel lê 500 kilometer suid van die Maledive en sowat 1 900 kilometer oos van die Seychelle.
Remove ads
Die Chagos-argipel is 'n belangrike strategiese punt en is onder militere beheer van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die argipel het 'n bevolking van 4 000 (net soldate en burgerlike gekontrakteerde personeel) in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 63,17 km². Die hoofstad en grootste stad is Diego Garcia, wat asook die hoofeiland en enigste bewoonde atol is. Die Chagos-argipel vorm die laaste Britse oorsese gebied, die Britse Indiese Oseaangebied, in die Indiese Oseaan en is 'n belangrike vloot- en lugmagbasis.
Remove ads
Omstrede gebied
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het in 2017 besluit om die Internasionale Geregshof in Den Haag se mening te vraag oor die wettigheid van die Chagos-argipel se status. In die koloniale tyd was dit onderdeel van die Britse kolonie Mauritius, maar die Verenigde Koninkryk het dit afgeplits en behou, die bevolking van Diego Garcia gedwing om die eiland te verlaat en dit aan die Verenigde State verhuur. Mauritius eis die gebied op. Die stemming in die Algemene Vergadering het 94 stemme ten gunste van Mauritius se eise, 65 onthoudings en slegs 15 teen opgelewer. Suid-Afrika het toegestem, die meeste ander lede van die Europese Unie het hulle van stemming onthou.[2][3]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads