Christene

Volgelinge can Christen geloof From Wikipedia, the free encyclopedia

Christene
Remove ads

Christene glo in die drie-enige GodVader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.

Thumb
Die kruis en die Ichthus (vis), twee simbole, wat Christene gebruik om hul geloof te verteenwoordig.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").

Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.

In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.

Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.

Remove ads

Bevolkingstatistiek

Thumb
Christene oor die wêreld.

Vanaf die vroeë 21ste eeu het die Christendom ongeveer 2,2 miljard medegelowiges.[7][8][9] Dit sluit sowat ’n kwart of ’n derde van die wêreldbevolking in en is die grootste godsdiens ter wêreld, met sowat 38 000 Christelike denominasies.[10] Christene het vir die afgelope 100 jaar omtrent 33% van die wêreldbevolking uitgemaak. Die grootste Christelike denominasie is die Rooms-Katolieke kerk, met 1,166 miljard medegelowiges, wat die helfte van die Christendom beslaan.[11]

Meer inligting Land ...
Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads