Hardekool
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Hardekool (Combretum imberbe) is 'n boom wat wydverspreid voorkom in die bosveld en langs riviere of droë waterweë noord van die 26° breedtegraad. Die stadiggroeiende boom wissel in grootte, van klein tot baie groot. Dit is die grootste Combretum-spesie in Suider-Afrika, en is benewens bekend om die besondere digtheid van die hout en langlewendheid.
Remove ads
Kenmerke
Die kroon is relatief oop en die blaredak meer dikwels karig as geslote. Die blare is grysgroen en word aan tenger takkies met stekels aan hul eindpunte gedra. Die bas is opmerklik bleek gekleurd, soms silwergrys, en is diep gegroef in 'n blokkiespatroon wat aan slangvel herinner. Die hoë takke bly 'n imposante gesig lank nadat die boom dood is, omdat die hout baie stadig verrot. Dit is bevestig dat sommige hardekole is meer as 'n 1 000 jaar oud word.
Die hout is uiters hard en dig soos die volksnaam "hardekool" suggereer. Die hout is van die swaarste timmerhout, maar word selde gebruik omrede dit so moeilik verwerk word. Voordat metaal beskikbaar was, is skoffellemme wel van die hout gemaak.
Remove ads
Verspreiding
Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.
Galery
Ruwe baspatroon Grysgroen loof Gekerfde Portugese kruis op 'n ou boom by Letaba, Krugerwildtuin Hardkoolbome – Bosveld, olie op doek, 1944
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
