Vlamklimop
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die vlamklimop (Combretum microphyllum) is 'n struik of klimplant wat voorkom in die noorde van KwaZulu-Natal asook Eswatini, Limpopo en Mpumalanga. Die spesie is ook inheems in Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Remove ads
Die plant groei in alluviale grond van riviervalleie en rivieroewers. Die struik is bladwisselend en word tot 4 m hoog, hoewel dit in hoë bome hoër kan word. In steunbome rank en draai die lote om takke. Die bas is ligbruin en word later veselrig. Die blare is enkelvoudig, ovaalvormig en appelgroen. Die blaarrande is golwend. Die blommetjies is skarlakenkleurig. Suikerbekkies eet graag die nektar, terwyl kanaries en frette die knoppe eet.
Die boom se FSA-nommer is 545.[1]
Remove ads
Galery
Groeivorm in die veld Blomme Vrugte
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads