Cyclopia maculata
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die naaldblaarheuningbostee (Cyclopia maculata) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Bainskloof tot by Riversdale voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 11 226 km² en daar is tans vyftien subpopulasies bekend; daar is moontlik meer. Die plant is deel van die fynbos. Dit groei langs rivierstrome op die banke en word bedreig deur indringerplante, veral Acacia-spesies. Die spesie se getalle daal ook as gevolg van oorbewerking deur die heuningbostee produsente.
Die boom se FSA-nommer is 224.3.[1]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads