David Lynch
Amerikaanse regisseur From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
David Keith Lynch (20 Januarie 1946 - 15 Januarie 2025) was 'n Amerikaanse regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger, skilder, musikant en romanskrywer. Hy is bekend vir sy surrealistiese rolprente en unieke styl. Die surrealistiese en, in baie gevalle, gewelddadige elemente in sy werk ontstel dikwels gehore en laat hulle aanstoot neem.[1]
Remove ads
Vroeë lewe en loopbaan
Lynch het in sy kinderjare saam met sy gesin deur Amerika gereis en daarna skilderwerk in Philadelphia studeer. Hier het hy die oorgang na die vervaardiging van kortprente gemaak. Hy het na Los Angeles verhuis waar hy sy eerste vollengteprent, die surrealistiese riller Eraserhead (1977), gemaak het. Nadat die prent ’n kultusfliek geword het, is Lynch in diens geneem om ’n biografiese prent oor ’n misvormde man, Joseph Merrick, te maak met die titel The Elephant Man (1980), waarmee hy hoofstroomsukses behaal het.
Hy het daarna twee prente vir die De Laurentiis Entertainment Group gemaak: die epiese wetenskapsfiksieprent Dune (1984), wat ’n mislukking was, en die neo-noir-misdaadprent Blue Velvet (1986), ’n reusesukses.
Hierna het Lynch sy eie televisiereeks, die gewilde moordraaisel Twin Peaks (1990–1991; 2017), saam met Mark Frost gemaak, asook die rolprentopvolg, Twin Peaks: Fire Walk with Me (1992). Hierop het gevolg Wild at Heart (1990) en The Straight Story (1999). Hy het toe teruggekeer na sy surrealistiese werk met flieks soos die sielkundige riller Lost Highway (1997), die neo-noir-raaiselfliek Mulholland Drive (2001) en die raaiselfliek Inland Empire (2006). Intussen het Lynch die internet as ’n medium ontdek en verskeie webgebaseerde stukke gemaak, soos die animasieproduksie DumbLand (2002) en die surrealistiese sitkom Rabbits (2002).
Ander ondernemings sluit in sy werk as sanger-liedjieskrywer (hy het twee soloalbums uitgereik – Crazy Clown Time, 2011, en The Big Dream, 2013), die David Lynch-stigting om bosintuiglike meditasie in skole te leer, skilder en fotografie. Hy het ook twee romans geskryf – Images (1994) en Catching the Big Fish (2006) – en verskeie musiekvideo's en advertensies geregisseer.
Lynch het drie Oscar-benoemings vir beste regisseur gekry[2] en een vir beste draaiboek. Hy het twee keer Frankryk se César-prys gewen vir beste buitelandse rolprent, sowel as die Palme d'Or op die Cannes-rolprentfees[3] en ’n Goue Leeu vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf op die Venesiese Rolprentfees. Die Franse regering het in 2002 aan hom die Erelegioen, die land se hoogste burgerlike toekenning, toegeken as ’n Chevalier en in 2007 as ’n Officier.[4] In 2007 het The Guardian Lynch ook beskryf as "die belangrikste regisseur van hierdie era".[5]
Remove ads
Filmografie
Rolprente
Televisie
Remove ads
Pryse en benoemings
Lynch het verskeie pryse en benoemings ontvang, insluitende drie Oscar benoemings vir beste regisseer en een vir beste verwerkte draaiboek. Hy het twee keer Frankryk se César-toekenning vir beste buitelandse rolprent gewen, sowel as die Palme d'Or tydens die Cannes-rolprentfees en die Goue Leeu vir lewenslange pretasie tydens die Venesiese Rolprentfees. In 2017 het die The MacDowell Colony die Edward MacDowell-medalje aan Lynch toegeken vir uitstaande bydrae tot Amerikaanse kultuur.[9]
Diskografie
- Ateljee albums
- Crazy Clown Time (2011)
- The Big Dream (2013)
- Albums saam met andere
- Lux Vivens (met Jocelyn Montgomery) (1998)
- BlueBOB (met John Neff) (2001)
- The Air Is On Fire (met Dean Hurley) (2007)
- Polish Night Music (saam met Marek Zebrowski) (2007)
- This Train (met Chrystabell) (2011)
- Somewhere in the Nowhere (met Chrystabell) (2016)
- Thought Gang (met Angelo Badalamenti) (opgeneem 1992/93) (2018)
- Cellophane Memories (met Chrystabell) (2024)[10][11]
Remove ads
Eenman-uitstallings van sy skilderkuns
- 1967: Vanderlip Galery, Philadelphia[12]
- 1983: Puerto Vallarta, Meksiko[12]
- 1987: James Corcoran Galery, Los Angeles[12]
- 1989: Leo Castelli Galery, New York[12]
- 1990: Tavelli Galery, Aspen[12]
- 1991: Gendai bijutsukan, Tokio[12]
- 1992: Sala Parpallo, Valencia[12]
- 1993: James Corcoran Galery, Los Angeles[12]
- 1995: Kaiga-kan, yagai hakubutsukan, Hakone, Japan[12]
- 1996: Park Tawāhōru, Tokio[12]
- 1997: Galerie Piltzer, Parys[12]
- 2007: Fondation Cartier pour l'Art Contemporain, Parys[13]
- 2008: Epson Kunstbetrieb, Düsseldorf[12]
- 2009: Max-Ernst-Museum, Brühl[12]
- 2010: Mönchehaus Museum, Goslar[12]
- 2010: GL Strand, Kopenhagen[14]
- 2012: Galerie Chelsea, Sylt[15]
- 2012: Galerie Pfefferle, München[16]
- 2013: Galerie Barbara von Stechow, Frankfurt[17]
- 2014: The Photographers' Gallery, Londen[18]
- 2014: Middlesbrough Institute of Modern Art[19]
- 2014/15: Pennsylvania Academy of the Fine Arts, Philadelphia[20]
- 2015: Queensland Gallery of Modern Art, Brisbane[21]
- 2017: Centrum Sztuki Współczesnej Znaki Czasu, Toruń, Pole[22]
- 2018: Kayne Griffin Corcoran, Los Angeles[23]
- 2018/19: Bonnefantenmuseum, Maastricht, Nederland[24]
- 2019: HOME, Manchester, Verenigde Koninkryk[25]
- 2019: Sperone Westwater Galery, New York[26]
- 2021/22: Kunsthallen Nikolaj, Kopenhagen[27]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
