Philadelphia

grootste stad in Pennsilvanië, Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia

Philadelphiamap
Remove ads

Philadelphia is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en die sesde grootste in die Verenigde State met 'n bevolking van sowat 1,57 miljoen. Philadelphia is die administratiewe setel van die Philadelphia-distrik (Engels: Philadelphia County) en 'n belangrike nasionale handel-, onderwys- en kulturele sentrum. Die metropolitaanse gebied van Philadelphia-Camden-Wilmington is die vyfde grootste in die Verenigde State met sowat 6 miljoen inwoners (2015).

Thumb
Independence Hall, noordfasade - 'n Unesco-wêrelderfenis
Thumb
Assembly Room, Independence Hall, met lewensgroot figure van Benjamin Franklin en ander ondertekenaars van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring
Thumb
Sy Heiligheid Pous Franciskus het op 26 September 2016 'n historiese besoek aan die Independence Hall gebring. Hier gesels hy met U.S. Secretary of the Interior, Sally Jewell, en Jonathan B. Jarvis, direkteur van die Nasionale Parkdiens. Independence Hall maak deel uit van die Independence National Historic Park in die Old City-buurt van Philadelphia
Thumb
Freedom is a Light for Which Many Men Have Died in Darkness
Graf van die Onbekende Rewolusionêre Soldaat, Washington Square
Thumb
Delaware River Waterfront
Thumb
Feestelike verligting van 30th Street Station ter geleentheid van die 2016 Democratic National Convention, die Nasionale Vergadering van die Demokratiese Party in 2016
Hierdie artikel handel oor die stad in die Verenigde State. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien gerus Philadelphia, Wes-Kaap.
Meer inligting PhiladelphiaWorld Heritage City ...

Philadelphia word dikwels The City of Brotherly Love ("Die Stad van Broederlike Liefde") genoem, afgelei van die betekenis van sy Griekse naam: Φιλαδέλφεια, /fi.la.ˈdɛl.fɛj.a/, "broederlike liefde" van Grieks philos "liefde" en adelphos "broeder".

Philadelphia, wat in die 18de eeu ook as die eerste Amerikaanse hoofstad gedien het, was destyds die grootste stad in die Verenigde State en die tweede grootste in die Britse Ryk na Londen. Ten opsigte van sy politieke en sosiale belangrikheid het dit selfs Boston en New York Stad oortref en het veral danksy die invloed van Benjamin Franklin tot die maatskaplike en geografiese sentrum van die oorspronklike dertien Amerikaanse kolonies ontwikkel. Die idee van 'n onafhanklike Amerikaanse nasie het in hierdie stad ontstaan, en Philadelphia was ook die toneel van belangrike gebeurtenisse gedurende die Amerikaanse Rewolusie, die beginpunt van die Amerikaanse vryheid, demokrasie en onafhanklikheid.

Remove ads

Sien ook

Eksterne skakels

Toerisme

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads