Dikbas

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dikbas
Remove ads

Die Dikbas (Lannea discolor) is 'n bladwisselende bosveldboom van middelslaggrootte wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Die stam is glad en grys en sy naam verwys letterlik na die dik bas wat die vaatbondels teen veldbrand beskerm.[2] Die boom se FSA-nommer is 362.[3][4]

Kitsfeite Dikbas Bastermaroela, Bakhout, Bewaringstatus ...

Die boom lyk baie soos die valsmaroela en het 'n soortgelyke verspreidingsgebied. Dit word in Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe aangetref. In Zimbabwe staan dit as gangacha bekend. Die Engelse naam is Live-long.[4]

Die blare is saamgestel met twee tot vyf paar teenoorstaande blaartjies. Dit het 'n gryserige onderkant. Die blommetjies is klein, roomkleurig en soet gegeur op verlengde blomtakkies. Dit verskyn in die lente net voor die blare. Die vruggies is vlesig, ovaalvormig en verskyn in die laat lente en somer.

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads