Distributed proofreaders

From Wikipedia, the free encyclopedia

Distributed proofreaders
Remove ads

Distributed Proofreaders (gewoonlik afgekort as DP of PGDP) is 'n web-gebaseerde projek wat Project Gutenberg ondersteun in die produksie van e-tekste waar vrywilligers saamwerk deur geskandeerde materiaal te proeflees en te verwerk om elektroniese boeke te skep.

Kitsfeite Tipe webwerf, Beskikbaar in ...
Remove ads

Geskiedenis

Charles Franks het Distributed Proofreaders in 2000 begin as 'n onafhanklike organisasie om Project Gutenberg by te staan.[1] Distributed Proofreaders is sedert 2002 'n amptelike webruimte van Project Gutenberg.

Op 8 November 2002, is Distributed Proofreaders oorval deur meer as vierduisend nuwe lede wat op die internet van hulle gelees het.[2][3] Hierdie toeloop van proeflesers en sagteware-ontwikkelaars het die omvang en kwaliteit van e-teks-produksie baie bevorder. Distributed Proofreaders (DP) het hulle vyf-duisendste teks aan Project Gutenberg vrygestel in Oktober 2004, en in Maart 2007 is die tienduisendste DP-geproduseerde e-teks vrygestel; in Mei 2009 die 15,000ste en in April 2011, die 20,000ste! DP-voorsiende e-tekste beslaan meer as die helfte van Project Gutenberg se versameling.

Die Distributed Proofreaders Foundation is op 31 Julie 2006 op die been gebring om wetlike en belastings-redes.

Remove ads

Die Proefleesproses

Openbare domein werke, gewoonlik met vervalde kopiereg status, word deur vrywilligers geskandeer, of afgelaai vanuit ander webblaaie met geskandeerde boeke. Hierdie beelde word outomaties omgesit vanaf wat basies foto's is, na teks, deur Optiese Karakter-herkennings (Engels: OCR) sagteware. Afhanklik van die duidelikheid van die oorspronklike beeld, die kwaliteit van die skandering en die sofistikasie van die OCR-sagteware, is die resulterende teks vol foute. Om hierdie foute reg te stel, word bladsye een-vir-een deur internet-vrywilligers reggemaak. Die oorspronlike beeld en die teks van die OCR word langs mekaar vergelyk, en die vrywilliger produseer 'n nuwe weergawe met minder foute.[4] Die internet maak dit, soos in ander gevalle, moontlik om hierdeur 'n lang, moeisame proses oor baie werkers te versprei.

Elke bladsy word herhaaldelik geproeflees, telkens deur 'n ander persoon, en daarna is daar twee rondtes waar formattering plaasvind. Formattering behels die verwerking na spesiale lettertipes, en beter uitleg, so na moontlik aan die oorspronlike.

Daarna kom die tegniese werk, waar die boek se bladsye saamgevoeg word en die teks in die nodige vorms vir e-lesers verwerk word, voor dit aan Projek Gutenberg gestuur word vir vrystelling.

Afgesien van die spesiale sagteware wat ontwerp is vir hierdie projek, bestaan daar ook 'n wiki en forums vir die gebruik van vrywilligers op die webwerf.

Remove ads

Verwante projekte

DP Europa

In Januarie 2004, is Distributed Proofreaders Europe aangepak, vanuit Project Rastko.[5] Hierdie webwerf kan tekste in Unicode UTF-8 enkodering verwerk. Die boeke kom hoofsaaklik uit die Europese kulture, met 'n groot deel bestaande uit nie-Engelse materiaal insluitend Hebreeus, Arabies, Urdu en nog meer. Tot by Desember 2007 is meer as 480 e-tekste deur DP Europa geproduseer.

Daar word soms verwys na die oorspronlike DP as "DP International" deur DP Europa-lede. DP-hoofrekenaars is egter in die Verenigde State, en materiaal moet eers deur daardie kopiereg-uitklaringsproses gaan voor dit verwerk kan word.

DP Kanada

Om voordeel te trek uit korter kopiereg-terme in Kanada is Distributed Proofreaders Canada op 1 Desember 2007 van stapel gestuur. Dit is 'n aparte eenheid, alhoewel dit deur die oorspronklike Distributed Proofreaders begin is. Al hulle tekste word deur Faded Page, 'n verwante webwerf vrygestel. Kanada het 'n "lewe plus 50" kopiereg-tydperk wat beteken dat werke van outeurs wat reeds 50 jaar dood is, vry van kopiereg is. 'n Paar voorbeelde van sulke outeurs is Clark Ashton Smith, Dashiell Hammett, Ernest Hemingway, Carl Jung, A. A. Milne, Dorothy Sayers, Nevil Shute, Walter de la Mare, Sheila Kaye-Smith and Amy Carmichael.

Mylpale

Meer inligting Mylpaal, Datum ...

Tienduisendste E-boek

Distributed Proofreaders kondig op 9 Maart 2007 aan dat meer as 10 000 titels voltooi is. Ter viering word 15 titels tesame vrygestel:

Twintigduisendste E-boek

Om hierdie mylpaal te vier word, op 10 April 2011, 'n groep tweetalige boeke vrygestel:[6]

  • The Renaissance in Italy–Italian Literature, Vol 1, John Addington Symonds (Engels met Italiaans)
  • Märchen und Erzählungen für Anfänger; erster Teil, H. A. Guerber (Duits met Engels)
  • Gedichte und Sprüche, Walther von der Vogelweide (Middel Hoë Duits (ca. 1050–1500) met Duits)
  • Studien und Plaudereien im Vaterland, Sigmon Martin Stern (Duits met Engels)
  • Caos del Triperuno, Teofilo Folengo (Italiaans met Latyn)
  • Niederländische Volkslieder, Hoffmann von Fallersleben (Duits met Nederlands)
  • A “San Francisco”, Salvatore Di Giacomo (Italiaans met Neapolitaans)
  • O’ voto, Salvatore Di Giacomo (Italiaans met Neapolitaans)
  • De Latino sine Flexione & Principio de Permanentia, Giuseppe Peano (1858–1932) (Latyn met Latino sine Flexione)
  • Cappiddazzu paga tuttu—Nino Martoglio, Luigi Pirandello (Italiaans met Sisiliaans)
  • The International Auxiliary Language Esperanto, George Cox (Engels met Esperanto)
  • Lusitania: canti popolari portoghesi, Ettore Toci (Italiaans met Frans)
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads