Dundee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Dundee is 'n dorp in noordelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, aan die noordelike kant van die Biggarsberg. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 34 924 gehad, van wie 2 500 (7.16%) blank was.[1]
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Dundee (dubbelsinnig).
Remove ads
Geskiedenis

KwaZulu-Natal se steenkoolnywerheid het hier ontstaan. Reeds gedurende die 1850's het reisigers steenkool opgetel en dit ook in strome gevind. In 1862 het Peter Smith, eienaar van die plaas Talana, begin om steenkool per ossewa in Pietermaritzburg te bemark. Gedurende 1880 is die steenkoolreserwes, na afloop van 'n geologiese opname, bevestig. Mynboubedrywighede het vinnig toegeneem. In 1879 is 'n fort hier gebou en die behoefte aan 'n dorp het dringend geword. Peter Smith het 'n dorp in 1882 op sy plaas uitgelê. 'n Taklyn vanaf die Durban–Johannesburg-spoorlyn tussen Glencoe en Dundee, om die steenkool weg te voer, het die dorp in 1889 bereik.
Remove ads
Distrik
Die distrik is 1 700 km² groot. Die belangrikste bedrywighede is bees- en skaapboerdery en mielieverbouing. Slegs een steenkoolmyn is nog in bedryf. Daar is nog ongeveer 2 700 miljoen ton se steenkoolreserwes in die Dundee- en Vryheid-omgewing.
Sien ook
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads