Dyula

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dyula
Remove ads

Dyula (ook Dyula of Dioula, ߖߎ߬ߟߊ߬ߞߊ߲) is 'n Niger-Kongo-taal wat deur sowat 12,5 miljoen mense in die Wes-Afrikaanse land Burkina Faso gepraat word. Dit vorm saam met Bambara, Mandinka en Maninka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Dyula met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet. Dyula het 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en twee leksikale klanke.

Kitsfeite Dyula ߖߎ߬ߟߊ߬ߞߊ߲ , Dioula, Amptelike status ...

Dyula is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Die bekendste woord is waarskynlik die naam van die land Burkina Faso self, wat in Mossi en Dyula "die land van die regop mense" (of "regop land") beteken. Dit vorm saam met Fula en Mossi die nasionale tale van dié land, naas die amptelike taal Frans.

In 1976 is op 'n konferensie in Burkina Faso – die destydse Bo-Volta – 'n eie weergawe van die Latynse alfabet, gebaseer op l'Alphabet national burkinabè ("Nasionale Burkinese alfabet") vir al die tale in dié land ten einde van harmonisering ontwikkel. Dit is in 1979 amptelik goedgekeur.

Remove ads

Ortografie

In Burkina Faso gebruik die Dyula-alfabet die letters wat in die Nasionale Burkinese alfabet gespesifiseer is.

Nasionale Burkinese alfabet

Meer inligting Burkinese Dyula-alfabet, Fonetiese waardes ...

N'Ko-alfabet

Die N'Ko-alfabet, deur Soulemayne Kante in 1949 vir die Manding-dialekkontinuüm bestaande uit Bambara, Dyula, Mandinka en Maninka ontwikkel.

Klinkers

ɔ
o
/ɔ/
o
ô
/o/
u
ou
/u/
ɛ
è
/ɛ/
i
i
/i/
e
é
/e/
a
a
/a/
ߐߏߎߍߌߋߊ

Medeklinkers

ra
/ɾa/
da
/da/
tcha
/t͡ʃa/
dja
/d͡ʒa/
ta
/ta/
pa
/pa/
ba
/ba/
ߙߘߗߖߕߔߓ
ma
/ma/
la
/la/
ka
/ka/
fa
/fa/
gba
/ɡ͡ba/
sa
/sa/
rra
/ra/
ߡߟߞߝߜߛߚ
n'
/n̩/
 ya
/ja/
wa
/wa/
ha
/ha/
na
/na/
nya
/ɲa/
ߒ ߦߥߤߣߢ
 
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads