Ebro
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Ebro (Baskies en Spaans: [ˈeβɾo]; Katalaans: Ebre, [ˈeβɾə]; Latyn: Iberus of Hiberus) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met 'n lengte van 930 km, is die tweede langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag en die tweede grootste volgens afloop en stroomgebied na die Douro.

Die Ebro ontspring naby Pico Tres Mares in die Sierra de Híjar in die outonome gewes Kantabrië van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting en mond by Tarragona in die Baleariese See (Middellandse See) uit. Die Ebro vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Kantabrië, Kastilië en León, La Rioja, Navarra, Aragón en Katalonië. Die Spaanse stad Miranda de Ebro is na die Ebro genoem.
Remove ads
Geskiedenis
Volgens die Ebro-verdrag uit die 3de eeu v.C. het die Ebro die grens tussen die invloedsfere van die Romeinse Republiek en Kartago gevorm. Die verdrag het 'n belangrike rol in die uitbreek van die Tweede Puniese Oorlog gespeel.
Die Slag aan die Ebro in 1938 ter verligting van Valencia was die laaste poging van die Republikeinse regering om die nederlaag in die Spaanse Burgeroorlog teen Francisco Franco te voorkom.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ebro.- (en) "Ebro River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Maart 2019.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
