Douro

From Wikipedia, the free encyclopedia

Douro
Remove ads

Die Douro (Portugees: [ˈdo(w)ɾu]; Spaans: Duero, [ˈdweɾo]; Kelties: *Dur, letterlik: "water") is 'n groot wes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 897 km, is die derde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag en die Ebro asook die grootste volgens afloop en stroomgebied.

Thumb
Die Douro naby Soria, Spanje
Kitsfeite

Die Douro ontspring naby Picos de Urbión in die Sistema Ibérico naby Soria in die outonome gewes Kastilië en León van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n westelike rigting en vorm vir sowat 112 km die grens tussen Spanje en Portugal. Vir die volgende 213 km vloei die Douro deur die Portugese wyngebiede en mond by Porto in die Atlantiese Oseaan uit. Die Portugese wynbougebied is veral bekend vir sy Portwyn wat van Porto vervoer word. Dit is in 2001 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Remove ads

Geskiedenis

Die antieke naam van die Douro was Durius. Die belangrikste stad van die Keltiese Iberiërs was Numantia. In die Romeinse tydperk is die rivier as 'n god, Durius, vereer.

Tydens die vroeë tydperk van die Reconquista het die Duero die grens tussen die Christelike noorde (Koninkryk Asturië/Koninkryk León) en die Islamitiese suide (Kalifaat Córdoba) gevorm. Enkele historiese wagtorings van die More (atalayas) in die Spaanse provinsie Soria en die kasteel Peñafiel in die noorde van die provinsie Valladolid getuig tot vandag toe daarvan.

Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Douro.
  • (en) "Douro River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Maart 2019.
  • (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads