Edelvalk

From Wikipedia, the free encyclopedia

Edelvalk
Remove ads

Die Edelvalk (Falco biarmicus) is 'n roofvoël in die familie Falconidae. Die wetenskaplike naam biarmicus kan vertaal word as "twee keer bewapen". Dit verwys na die skerp punte op die edelvalk se snawel.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Beskrywing

Die edelvalk is 'n groot valk, ongeveer 43–50 cm lank met 'n vlerkspan van 95–105 cm. Die Europese edelvalke (Falco biarmicus feldeggi) het 'n leiklip- of bruingrys rugkant. Die meeste edelvalke in Afrika het 'n ligter blougrys rug. Die geslagte lyk eenders maar onvolwasse edelvalke is bruiner van kleur.

Gewoontes

Die edelvalk kom meestal in bergdele, woestyne en grasvlaktes voor. Dit vermy woudagtige streke. Die edelvalk jag in 'n horisontale vlugpad, in teenstelling met die swerfvalk wat in 'n duikvlug jag. Die edelvalk verkry sy prooi (meestal voëls) in vlug. Dit lê 3 tot 4 eiers op 'n kranslys of soms in 'n ou stoknes in 'n boom.

Hulle word suksesvol in gevangenskap geteel, waar verbastering met die swerfvalk soms voorkom.

Remove ads

Subspesies

Thumb
Volwasse Falco biarmicus feldeggi
Thumb
Eiers van Falco biarmicus feldeggii

Daar is vyf erkende subspesies:[2]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads