FlySafair

From Wikipedia, the free encyclopedia

FlySafair
Remove ads

FlySafair is 'n laekosteredery gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is 'n volfiliaal van Safair. Die maatskappy se slagspreuk is For The Love Of Flying.

Kitsfeite IATA, ICAO ...
Remove ads

Geskiedenis

Die lugredery is in Augustus 2013 gestig en is deur die Suid-Afrikaanse Lugdienslisensiëringsraad goedgekeur om bedrywighede met tien daaglikse dienste tussen Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe en die Kaapstad Internasionale Lughawe te begin.[3]

Die lugredery het planne gehad om in Oktober 2013 met bedrywighede te begin.[4] Die Hooggeregshof van Suid-Afrika het egter op 8 Oktober 2013 'n tussentydse hofbevel toegestaan wat die lugredery verhinder om bedrywighede te begin, na 'n aansoek deur mededingende lugrederye,[5] op grond daarvan dat dit nie aan die wetlike vereiste van 75% plaaslike eienaarskap voldoen het nie. Aansienlike herstrukturering van eienaarskap het plaasgevind en FlySafair se eerste vlug het uiteindelik op 16 Oktober 2014 opgestyg.[1]

Remove ads

Bestemmings

Thumb
'n FlySafair Boeing 737-400
Thumb
FlySafair Boeing 737-844 wat voorheen aan die SAL behoort het

FlySafair bedien die volgende bestemmings:[6]

Interlyn-ooreenkomste

FlySafair het interlyn-ooreenkomste met die volgende lugrederye:

Remove ads

Vloot

Teen Oktober 2022 bestaan die FlySafair-vloot uit die volgende Boeing-vliegtuie:[7]

Meer inligting Vliegtuig, Indiens ...

Dienste

Invlugdiens

FlySafair bied kos en drankies aanboord te koop aan. FlySafair bied ook 'n maandelikse tydskrif aan boord genaamd In Flight. Dit was ook die eerste lugredery in Suid-Afrika wat kaartbetalings aan boord hul vlugte gebied het.

Op hul Internasionale roete bied hulle 'n voorafverpakte ete gratis aan, met ander eet- en drinkopsies te koop.

Om higiëniese redes is die In Flight-tydskrif tans slegs in digitale formaat beskikbaar.

FlySafair Vakansies

FlySafair het hul vakansieprogram in Mei 2021 bekendgestel, saam met die plaaslike maatskappy Tripco om vlugte en akkommodasie te kombineer.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads