Oos-Londenlughawe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Oos-Londenlughawemap
Remove ads

Die Oos-Londenlughawe (IATA: ELS, ICAO: FAEL) is 'n lughawe wat Oos-Londen, 'n stad in die Oos-Kaap, bedien. Op 23 Februarie 2021 is die lughawe na Koning Phalo Internasionale Lughawe hernoem.[3]

Kitsfeite Oos-Londenlughawe Koning Phalo Internasionale Lughawe, IATA: ELS – ICAO: FAEL ...

Oos-Londen is 'n klein maar besige lughawe wat 'n belangrike rol in die ekonomiese groei van die Oos-Kaap speel. Elke dag verwelkom dit tussen 20 en 30 vlugte – wat jaarliks 346 000 mense na Oos-Londen bring. Hiervan is meer as 140 000 vakansiegangers, meestal plaaslik, en sowat 15% is buitelandse toeriste. In 2013 het die lughawe 658 363 passasiers hanteer.

Remove ads

Geskiedenis

Die lughawe het in 1927 ontstaan, toe lt-kol. Alistair Miller die Oos-Londense stadsraad om hulp genader het om 'n munisipale lughawe by Woodbrook, wes van die stad, op te rig.

Passasiervlugte is deur twee De Havilland Moth vliegtuie onderneem op 'n Saterdagmiddag en heeldag op Sondae, indien die weer dit toegelaat het. Vlugte kon ook bespreek word vir weeksdae, maar slegs met spesiale reëlings. In 1931 het 'n vlug van Windhoek in Namibië na Oos-Londen 11 uur geduur.

In 1944 is 'n nuwe lughawe op Collondale gebou, ongeveer 2 km wes van die huidige terminaalgebou.

In 1965 het die lughawe weer geskuif, dié keer na sy huidige perseel, 9 km wes van die middestad. Konstruksie van die terminaalgebou is in 1966 voltooi en die lughawe is vernoem na Ben Schoeman, die minister van vervoer van daardie tyd.

Die lughawe is herdoop in 1994. Sedertdien is groot veranderings aan die eindpuntgebou voltooi en 'n nuwe eerste verdieping kantoorontwikkeling is vir die lughawe se bestuurspan bygevoeg.

Remove ads

Infrastruktuur

Die lughawe lê 133 meter (435 voet) bo seevlak[1] en het twee geteerde aanloopbane, by name 11/29 wat 1 939 meter lank en 46 meter breed is, en 06/24 wat 1 585 meter lank en 46 meter breed is.[1]

Lugdienste en bestemmings

Passasiers

Vrag

Passasiersvolumes

Meer inligting Jaar, Passasiers ...
Remove ads

Ongelukke

  • Op 13 Maart 1967 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlug 406 (die Rietbok) in die see neergestort terwyl dit Oos-Londenlughawe genader het. Al 25 die passasiers en bemanning aanboord het omgekom.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads