Garnet Wolseley

From Wikipedia, the free encyclopedia

Garnet Wolseley
Remove ads

Garnet Joseph Wolseley (4 Junie 183325 Maart 1913) was 'n Britse Veldmaarskalk en Burggraaf wat in Ierland gebore is. Hy sluit op negentienjarige ouderdom by die Britse Leër aan. In 1873 was hy in bevel van 'n ekspedisie teen die Asjanti aan die weskus van Afrika. In 1875 is hy as generaal in bevelvoerende hoedanigheid in Natal gestasioneer. Hy word na Ciprus verplaas as eerste administrateur maar word na Suid-Afrika teruggeroep om lord Chelmsford te vervang na dié se neerlae in die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy beëindig die oorlog en neem Cetshwayo gevange. Daarna word hy as Goewerneur van Natal aangestel en hy stel 'n nuwe regeringstelsel in in Zoeloeland.

Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...

Ná die eerste anneksering van Transvaal deur Engeland word hy as Goewerneur aangestel. Hy beëindig die langdurige Sekhukhune-oorlog en stel 'n nuwe grondwet in vir Transvaal as Kroonkolonie. Hy keer terug na Engeland en speel 'n vername rol in die hervorming van die Britse Leër. Van 1895 tot 1899 is hy die opperbevelhebber van die Britse Leër. Hy skryf ook 'n aantal boeke insluitend die biografie van die Hertog van Marlborough. Hy is in 1913 in Menton aan die Franse Riviera oorlede.

Die dorp Wolseley in die Wes-Kaap is na hom vernoem.

Remove ads

Bron

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads