Geb
Egiptiese god From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Geb was in die Egiptiese mitologie die god van die aarde en ’n lid van die Ennead van Heliopolis. Daar is geglo aardbewings was Geb se lag en dat hy gewasse laat groei het.
Remove ads
Rol

Die oudste voorstelling van Geb was as ’n bebaarde wese in Heliopolis tydens die bewind van farao Djoser (3de Dinastie). Later sou hy uitgebeeld word as ’n ram, bul of krokodil.
Hy is dikwels beskryf as die vader van slange. Hy verskyn dikwels as ’n oergod wie se seun, Osiris, en kleinseun, Horus, die land van hom geërf het ná baie konflikte met die ontwrigtende god Set, die broer en moordenaar van Osiris. Geb is ook beskou as die verpersoonliking van die vrugbare grond en die onvrugbare woestyn.
In die Ennead (’n groep van nege gode wat aan die begin deur die eerste god, Atoem, geskep is) is Geb die metgesel van Noet, die luggodin. Hy is die seun van Tefnoet (die godin van vogtigheid) en Sjoe (die god van die hemele), en by Noet die vader van Osiris, Set, Isis en Nephthys. Daarna is hy en Noet geskei;[1] daarom is hy dikwels uitgebeeld as ’n man wat agteroor lê, soms met sy fallus wat steeds in die rigting van Noet wys.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads