Nephthys
Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Nephthys was in die Egiptiese mitologie ’n lid van die Ennead van Heliopolis, ’n dogter van Noet en Geb. Sy is saam met haar suster, Isis, verbind met begrafnisrituele[1] vanweë haar rol as die beskermer van mummies en die god Osiris, en as die suster en vrou van Set.
Remove ads
Rol
Teen die tyd van die 5de-dinastiese Piramidetekste het Nephthys haar verskyning gemaak as godin van die Ennead. Sy is beskryf as ’n godin van goddelike hulp en beskerming. Sy word in sommige mites beskou as die ma van die begrafnisgod, Anoebis.[2][3]
As hoofversorger van die farao-god Horus was Nephthys ook die versorger van die heersende farao.[4] Soms is sy uitgebeeld as ’n gevaarlike godin wat die farao se vyande met haar vurige asem kon verbrand.[5]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads