Gerrie Coetzee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Gerhardus Christian Coetzee (gebore 8 April 1955 in Boksburg, sterf 12 Januarie 2023), beter bekend as Gerrie Coetzee, is 'n oudbokser en Suid-Afrika se beste swaargewigbokser tot nog toe.[1]

Kitsfeite Statistiek, Geboortenaam ...

Coetzee, wat in 'n Gereformeerde huis gebore is, was die eerste bokser uit Afrika wat om die wêreldswaargewigtitel meegeding het, en ook die eerste wat dit gewen het toe hy in 1983 vir Michael Dokes in Richfield, Ohio, in die tiende ronde uitgeslaan het. Oor sy loopbaan het hy 33 keer gewen, ses keer verloor en een keer gelykop geveg. Van sy 33 oorwinnings het hy 21 gevegte met 'n uitklophou beklink.

Hy het gedurende sy loopbaan probleme met sy regterhand gehad en moes drie operasies aan dié hand ondergaan. Dit het aan hom twee byname besorg: "The Bionic Hand" en "Seer Handjies". Na aanleiding hiervan het Leon Schuster 'n liedjie getiteld "Gerrie 'Seer Handjies' Coetzee" opgeneem.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads