12 Januarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
12 Januarie is die twaalfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 353 dae in die res van die jaar (354 in skrikkeljare).
| << | Januarie 2025 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | 4 | |||
| 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
| 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
| 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
| 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
| Al die dae | ||||||
Gebeure
- 1199 – Pous Innocentius III verklaar Homobonus, ’n handelaar uit Cremona, heilig.
- 1643 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1660 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1682 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word biskop van Faenza.
- 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer Urbem Romanam oor die bestuur van die stad Rome.
- 1858 – Die skool Gimnasium word in die Paarl gestig.
- 1904 – Die Herero-oorlog (1904-1908) breek in Duits-Suidwes-Afrika uit. Die Herero's kom in opstand teen Duitse koloniale oorheersing. Driekwart van die Hererobevolking word uitgewis en 'n groot aantal Duitsers verloor hul lewens.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Rooi Leër begin 'n reuse-offensief aan die Oostelike Front wat die Duitse linies by Vistula breek en die weg baan vir die oorwinning van Berlyn.
- 1964 – Die Zanzibar-rewolusie het in die Sultanaat van Zanzibar plaasgevind.
- 1987 – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur, begin sy ampstermyn in Nederland.
- 2010 – ’n Aardbewing van 7,0 op die Richterskaal vernietig die Haitiaanse hoofstad Port-au-Prince grotendeels met sterftes tussen 220 000 en 500 000.
Remove ads
Geboortes
- 1580 – Jan van Helmont, Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus († 1644).
- 1729 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus († 1797).
- 1854 – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1910).
- 1856 – John Singer Sargent, Amerikaanse skilder († 1925).
- 1865 – Jan F.E. Celliers, Afrikaanse skrywer, dramaturg en digter († 1940).
- 1876 – Jack London, Amerikaanse skrywer, joernalis en sosiale aktivis († 1916).
- 1893 – Hermann Göring, Duitse politieke en militêre leier († 1946).
- 1900 – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur († 1993).
- 1906 – Emmanuel Levinas, Franse filosoof († 1995).
- 1916 – Pieter Willem (P.W.) Botha, Suid-Afrikaanse politikus, agste Eerste Minister (1978–1984) en sesde Staatspresident van Suid-Afrika (1984–1989) († 2006).
- 1925 – Katherine MacGregor, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1940 – Bob Hewitt, Australiese en Suid-Afrikaanse beroepstennisspeler.
- 1945 – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur († 2022).
- 1951 – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster († 2022).
- 1964 – Jeff Bezos, Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat.
- 1971 – Venessa Schoeman, Suid-Afrikaanse dieetkundige en lewenstylredakteur.
- 1987 – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1991 – Pixie Lott, Engelse aktrise.
Remove ads
Sterftes
- 1519 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse Keiser (* 1459).
- 1537 – Lorenzo di Credi, Italiaanse skilder en beeldhouer (*c. 1459).
- 1665 – Pierre de Fermat, Franse wiskundige (* 1601 of 1606/7).
- 1666 – Ds. Joan van Arckel eerste dominee van die NG Kerk (* 1640).
- 1936 – Frederick Charles Kolbe, 'n Suid-Afrikaanse Katolieke filosoof, digter, skrywer en plantkundige (* 1854).
- 1943 – Jan Campert, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1902).
- 1976 – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890).
- 1977 – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf (* 1896).
- 1981 – Isobel Elsom, Engelse aktrise (* 1893).
- 1988 – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus (* 1925).
- 2005 – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer en digter (* 1924)
- 2013 – Helen Elliot, Skotse tafeltennisspeler (* 1927).
- 2020 – Aart Staartjes, Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrvervaardiger (* 1938).
- 2023 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldswaargewigbokskampioen (* 1955).
- 2023 – Frene Ginwala, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (speaker van die Nasionale Vergadering) (* 1932).
- 2023 – Piet de Jager, Afrikaanse regsgeleerde wat veral bekendheid verwerf as rolprentmaker en digter (* 1953).
- 2023 – Paul Johnson, Engelse joernalis, geskiedkundige en skrywer (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
| Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 January. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads