Ohio
deelstaat in die Groot Mere-streek van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Ohio (Engels: State of Ohio) is 'n deelstaat in die Groot Mere-streek van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 116 096 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11,5 miljoen. Die hoofstad en grootste stad is Columbus. Ohio word in die noorde deur Michigan en die Eriemeer, in die ooste deur Pennsilvanië en Wes-Virginië, in die suide deur Kentucky, en in die weste deur Indiana begrens. Dit is die 17ste staat wat tot die Unie toegelaat is.
Ohio se bynaam is The Buckeye State. 'n Buckeye is 'n tipe kastaiingboom. Die naam Ohio kom van die Seneca woord ohi:yo wat 'groot kreek' beteken.
Ohio se leuse is "By God is alles moontlik".
Somers is gewoonlik warm en vogtig. Koel temperatuur oorheers in die winter. Die Ohio Wesleyan-universiteit is ook in die staat geleë.

Remove ads
Eksterne skakels
- Toerisme
- Geskiedenis
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads

