Gewone drolpeer

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Gewone drolpeer
Remove ads

Die gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia) is 'n boom wat noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal voorkom. Die boom staan ook bekend as die blompeer. Die boom se FSA-nommer is 471.[2]

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Beskrywing

Die blare is amper rond, redelik grof, donkergroen aan die bokant en liggroen aan die onderkant. Dit is gewoonlik een van die eerste bome wat in die lente blom; die bloeisels is gewoonlik wit maar kan ook ligpienk wees. Die blomme verwelk gou maar die kroonblare val nie af nie. Hulle bly aan die boom en word later vlerke aan die ryp vrugte.

Verspreiding

Die boom is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads