Hamburger

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hamburger
Remove ads

'n Hamburger (ook soms net 'n burger of hammie deur die kinders genoem) is 'n broodjie met een of meer gaar flappies maalvleis, gewoonlik beesvleis, geplaas binne 'n oopgesnyde "bun". Hamburgers bevat dikwels blaarslaai, tamatie, uie, agurkies, kaas en speserye soos mosterd, mayonnaise en tamatiesous, en word algemeen met slaptjips bedien.

Thumb
'n Sappige spek-en-kaasburger.
Thumb
'n Reusagtige kaasburger met aartappelskyfies.
Remove ads

Bedieningsvorme

Die bestanddele wat in hamburgers gebruik word, verskil op dieselfde wyse as wat die verskeidenheid soorte hamburgers van plek tot plek verskil.

Gewilde vulsels sluit spek, avokado of guacamole, gekerfde pangebraaide sampioene, kaassous en/of rissiesous in. Aan die meer skamele kant word gebakte eier, roereier, salsa, pynappel, jalapeno’s, verskeidenheid rissies, ansjovis, stukkies ham, peperwortel, suurkool, gerookte of teriyaki-gekruide beesvleis en tartaarse sous gebruik.

’n Hamburger kan meer as een vleisflappie hê. ’n Tweestapel word ’n dubbelburger genoem; ’n trippel/driedubbele burger beskik oor drie vleisflappies.[1][2]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads