Mosterd

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mosterd
Remove ads

Mosterd is kruiepasta met 'n skerp smaak wat tydens die voorbereiding van voedsel en ook tydens die maaltyd by voedsel gevoeg word vir ekstra geur en smaak. Mosterd word vervaardig uit gemaalde mosterdsade, asyn, water, suiker en sout. Soms word daar wel 'n paar ekstra speserye (soos peper) bygevoeg. Dit skep 'n pasta of sous wat wissel in kleur van heldergeel tot donkerbruin. Gewoonlik word borrie toegevoeg vir die geel kleur. Suiker is nie verpligtend nie, maar wel handig indien 'n soeter mosterd verlang word; heuning is ook geskik hiervoor.

Thumb
Mosterd op 'n sny brood
Meer inligting Koolhidrate, Vette ...

Mosterd word algemeen saam met vleis, soesji, pizza, brood, aartappels en kaas bedien, en is 'n gewilde toevoeging tot toebroodjies, slaaie, biefstuk, tofu, jogurt, kaasburgers en worsbroodjies. Dit word ook gebruik as 'n bestanddeel in baie slaaisouse, glasure, souse, sop en marinades. As 'n room of 'n saad, word mosterd gebruik in die kookkuns van Indië, die Middellandse See, die noordelike en suidoostelike Europa, Asië, Amerika en Afrika, wat dit een van die mees gewilde en mees gebruikte speserye in die wêreld maak.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads