Vier seuns van Horus

Egiptiese gode From Wikipedia, the free encyclopedia

Vier seuns van Horus
Remove ads

Die vier seuns van Horus was in die Egiptiese mitologie ’n groep van vier gode wat die verpersoonliking was van die vier potte waarin mense se organe geplaas is wanneer hulle gemummifiseer is.[1]

Thumb
Die vier seuns van Horus: van links Imsety, Doeamoetef, Hapi en Qebehsenoef.

Omdat die hart die versinnebeelding van die Egiptiese siel was, is dit binne-in die liggaam gelos.[2] Daar is verkeerdelik geglo die brein is die oorsprong van slymvlies en dit is dus weggegooi.[3] Dit het die maag, lewer, groot ingewande en longe oorgelaat; dit is verwyder, gebalsem en elk in sy eie pot gestoor.

Remove ads

Beskermers

Meer inligting Imseti in hiërogliewe ...
Meer inligting Hapi in hiërogliewe ...
Meer inligting Doeamoetef in hiërogliewe ...
Meer inligting Qebehsenoef in hiërogliewe ...

Die eerste verwysing na die vier seuns van Horus kom in die "Piramidetekste" voor,[4] waarin hulle beskryf is as vriende van die koning wat hom gehelp het om met lere na die hemele te gaan. Omdat Horus hul pa was, is Isis, Horus se oorspronklike vrou, beskou as hul ma,[5] hoewel elke pot in die begrafnisritueel deur ’n ander godin beskerm is. (Net soos wat die seuns van Horus elk ’n pot beskerm het, is hulle op hul beurt elk deur ’n godin beskerm.)

In die klassieke uitbeelding van die vier seuns van Horus in die Middelryk was Imsety en Doeamoetef aan die oostekant van die doodskis, en Hapi en Qebehsenoef aan die westekant. Hulle is daarom ook met die windrigtings verbind.[6]

  • Imseti, in die vorm van ’n mens, was die beskermer van die lewer en is op sy beurt deur Isis beskerm.[7] Dit lyk of sy rol was om die lyk weer lewendig te maak.[8] Die Egiptiese Dodeboek vereenselwig Imseti met die suide.[9]
  • Hapi, in die vorm van ’n bobbejaan, het die longe beskerm en sy beskermer was Nephthys.[7] Die spelling van sy naam sluit 'n hiëroglief in wat vermoedelik met die stuur van 'n boot te doen het, hoewel die spesifieke aard daarvan onbekend is. Om dié rede is hy soms met navigasie verbind, hoewel vroeëre verwysings na hom van 'n naeler praat.[8] Hapi is met die noorde verbind.[9]
  • Doeamoetef, in die vorm van ’n jakkals, het die maag beskerm en is weer deur Neith beskerm.[7] Dit lyk of dit sy rol was om die dooie persoon te verheerlik, en sy naam beteken letterlik "hy wat sy ma verheerlik".[8] Doeamoetef is met die ooste verbind.[9]
  • Qebehsenoef, in die vorm van ’n valk, het die groot ingewande beskerm en is op sy beurt deur Selket beskerm.[10][11][7] Sy rol was vermoedelik om die afgestorwene te verfris; sy naam beteken letterlik "hy wat sy sibbes met koel water spuit".[8] Dit lyk of daar 'n dubbele funksie by betrokke was: om te reinig en te verfris. Qebehsenoef is met die weste vereenselwig.[9]
Remove ads

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads