Heidelberg, Gauteng
dorp in die Gautengprovinsie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Heidelberg is 'n dorp met 35 563 inwoners in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Heidelberg is geleë aan die voet van die Suikerbosrand, langs die N3-snelweg wat Johannesburg met Durban verbind. Die dorp het in 1862 ontstaan as 'n handelstasie, opgerig deur 'n Duitser, ene H.J. Uekermann.
Remove ads
Besienswaardighede
- Heelwat van die geboue wat dateer uit die tydperk 1890 tot 1910 het behoue gebly en is steeds kenmerkend van Heidelberg.
- Die huis van A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter, is geleë in die dorp.
- Die Heidelberg-konsentrasiekamp-begraafplaas van vroue en kinders wat gesterf het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
- Heidelberg-Vervoermuseum is gesluit nadat British American Tabacco hul geldelike steun onttrek het.
- Die Suikerbosrand-natuurreservaat het 'n groot verskeidenheid dier-, plant- en voëlspesies.
- Heidelbergkloof was 'n gewilde ontspanningsoord met verskeie fasiliteite soos swem, piekniek en kampering, dit is nou 'n eksklusiewe woonbuurt met toegangsbeheer.
- Daar is 'n gedenkteken vir die Driemanskap wat die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1880 voorlopig uit Heidelberg bestuur het.
- Die Nederduitse Gereformeerde Kerk, ingewy in 1890, is tot 'n nasionale monument verklaar.
- Heidelbergstadsaal, ontwerp deur Gerard Moerdijk, 1937[3]
Remove ads
Distrik
Die distrik is 3 724 km2 groot. Die belangrikste produkte is suiwel, beesvleis en mielies.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads