Hoedspruit
dorp in Limpopo, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Hoedspruit is 'n dorp in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is 30 km noord van Acornhoek.
Remove ads
Geskiedenis
Ds. Frans Lion Cachet het in 1865 reeds hier 'n vergadering gehou. Die oorspronklike plaas, ook Hoedspruit, is in 1869 opgemeet. Die eerste poskantoor is in 1890 geopen. Die takspoorlyn van 60 km na Phalaborwa is in 1963 teen 'n koste van R4 miljoen voltooi.
Die Lugmagbasis Hoedspruit is 'n belangrike basis van die Suid-Afrikaanse Lugmag op Hoedspruit.
Ekonomie
Vanweë die nabyheid aan private wildreservate en die Krugerwildtuin lewer ekotoerisme 'n groot bydrae tot die plaaslike ekonomie.

Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads