IDVD

From Wikipedia, the free encyclopedia

IDVD
Remove ads

iDVD is ’n DVD-skeppingsprogrammatuurtoepassing wat deur Apple Inc. gemaak word vir Mac OS X. iDVD laat die gebruiker toe om QuickTime-video’s, MP3-musiek en digitale foto’s tot ’n DVD toe te voeg wat dan op ’n kommersiële DVD-speler gespeel kan word.[1] Dit word dikwels gesien as die laaste stap van Apple se iLife-pakket deur die resultate van al die ander iLife-toepassings op ’n verwyderbare medium saam te vat. Dit is vergelykbaar met Microsoft Windows se Windows DVD Maker.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Aanvanklike vrystelling ...
Remove ads

Beskikbaarheid

Hoewel dit oorspronklik slegs beskikbaar was vir Macs met ’n SuperDrive is dit tot en met 2011 gratis saam met elke nuwe Mac versprei; van iDVD 6 en verder ondersteun Apple die moontlikheid om projekte met derdeparty optiese drywe te skryf. iDVD word nie meer vooraf geïnstalleer op Mac wat uitkom met OS X 10.7 Lion nie en is nie meer in iLife ’11 wat van die Mac-toepwinkel afgelaai word nie, maar dit is nog deel van die verpakte weergawe van iLife ’11 wat beskikbaar is by die Apple-aanlynwinkel.[2]

Remove ads

Beskrywing

Die program gebruik die konsep van temas om dit maklik te maak om DVD keuselysstelsels te skep. Die temas het ‘neersitsones’ waarop video’s en foto’s neergesit kan word. Die tema animeer outomaties die neersitsone indien nodig. iDVD het 100 verskillende Apple-ontwerpte geanimeerde temas, baie met verskillende subkeuselyste wat ooreenstem met die hooftema vir addisionele inhoud soos hoofstukke of ander ekstras in breëbeeld 16:9 of standaard 4:3 formate. Hierdie temas kan toegepas word op veelvuldige vlakke van ’n DVD.[3] Apple se beskrywing van iDVD meen dat dit met 150 temas verpak word maar daardie getal sluit subkeuselyste van elke tema in.

Die program integreer met die res van die iLife-pakket. iMovie-projekte en iPhoto-skyfievertonings kan direk na iDVD uitgevoer word. In die geval van iMovie-projekte word toneelkeuse-keuselyste outomaties geskep in ooreenstemming met hoofstukmerkers wat in iMovie gestel word. Die toepassing het ook ’n ‘Media’-area wat toegang verleen tot die gebruiker se iTunes- en iPhoto-biblioteke en Films-vouer. Daar is ook ’n kaart-uitsig wat ’n gebruiker die huidige projek in grafiese vorm laat sien.[4] ’n Ander eienskap is die vermoë om ’n benadering van die ‘TV-veilige area’ te toon (ou televisies sny dikwels gedeeltes van die video se buitenste gebiede uit). iDVD sluit ook ’n ‘OneStep DVD’-funksie in wat outomaties die verbinde DV-videokamera terugspoel en ’n DVD skryf van die beeldmateriaal wat op die kasset is.

iDVD kan ook integreer met Final Cut Express en Final Cut Pro.

Remove ads

Verskuilde ekstras

Die iDVD-programmatuur kom met lettertipes wat nie geïnstalleer is nie om te verhoed dat dit by verstek beskikbaar is vir ander toepassings. Die lettertipes lê hier: /Programme/iDVD.app/Inhoud/Hulpbronne/Lettertipes/

Weergawegeskiedenis

Meer inligting Weergawe, Vrystellingsdatum ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads