Jacques Kallis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Jacques Henry Kallis (* 16 Oktober 1975 te Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir etlike jare die titel as die wêreld se veelsydigste internasionale krieketspeler gehou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003, 2007 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010 en 2012, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[1] Jacques Kallis is in Augustus 2020 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]
Remove ads
Toetsrekord
Soos op 29 Desember 2013
Soos op 25 Desember 2013
Internasionale eendagwedstrydrekord
Soos op 18 Desember 2013
Hoogtepunte

Jacques is die enigste krieketspeler ooit wat meer as 10 000 lopies en 250 paaltjies in beide toetskrieket en internasionale eendagwedstryde behaal het.[3][4] Hy is derde op die internasionale kolflys vir meeste toetslopies ooit:
Soos op 29 Desember 2013
- Hy is die tweede speler wat 40 toetshonderdtalle kon behaal (45). Sachin Tendulkar hou tans die rekord met 51 toetshonderdtalle.
- Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in 160 toetse gespeel het.
- Hy is uiteraard ook die Suid-Afrikaanse toetslopie rekordhouer.
- Hy beklee die tweede plek met vangskote (200) in toetskrieket vir Suid-Afrikaners. Net Mark Boucher (532) het meer vangskote geneem.
- Hy beklee die tweede plek vir toetsvangskote (paaltjiewagters uitgesluit).
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads