Kampioenetrofee 2009
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Kampioenetrofee 2009 (Engels: 2009 ICC Champions Trophy) is van 22 September tot 5 Oktober 2009 in Suid-Afrika beslis. Dit was die sesde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Anders as die gewone interval van twee jaar is dit by uitsondering drie jaar ná die vorige Kampioenetrofee 2006 aangebied. Oorspronklik sou die toernooi in Oktober 2008 in Pakistan plaasvind, maar weens veiligheidskwessies is dit met een jaar uitgestel en na Suid-Afrika verskuif.[3] Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 die derde groot kriekettoernooi in Suid-Afrika.

Die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2009 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Engeland geklop en Nieu-Seeland vir Pakistan, waardeur die twee Oseaniese spanne in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op SuperSport-park in Centurion (suidekant van Pretoria), het die verdedigende kampioen Australië Nieu-Seeland met ses paaltjies verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Die gasheer Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Remove ads
Toewysing
Die Kampioenetrofee 2009 sou oorspronklik van 11 tot 28 September in die Pakistanse stede Lahore en Karatsji beslis word.[4] Die IKR het die toernooi later weens veiligheidskwessies deur ’n aantal deelnemende lande uitgestel; op 24 Julie 2008 het die IKR aangekondig dat die toernooi wel in Pakistan sou plaasvind, ondanks vrese van spelers uit Australië, Engeland, Suid-Afrika en Nieu-Seeland om na dié land te toer.[5] Op 22 Augustus 2008 het Suid-Afrika aangekondig dat hulle weens veiligheidskwessies nie aan die Kampioenetrofee in Pakistan sou deelneem nie.[6] Twee dae later, op 24 Augustus 2008, ná spekulasie dat die toernooi elders gehou kon word (in Engeland, Sri Lanka of Suid-Afrika), het die IKR aangekondig dat die toernooi tot in Oktober 2009 uitgestel sou word.[7]
Tydens sy vergadering in Februarie 2009 het die IKR se uitvoerende raad besluit om Pakistan van sy gasheerreg vir die Kampioenetrofee 2009 te ontneem. Op daardie stadium was Sri Lanka die gunstelinggasheerland.[8] In Maart 2009 het die IKR se Hoofbestuurskomitee aan die IKR se uitvoerende raad aanbeveel om die toernooi in Suid-Afrika aan te bied aangesien daar bekommernisse was dat weens die weerstoestande in Sri Lanka gedurende September en Oktober te veel wedstryde uitgereën sou kon word.[9] Die IKR se uitvoerende raad het dié aanbeveling goedgekeur en die toernooi is in Suid-Afrika van 22 September tot 5 Oktober 2009 geskeduleer.[10] Wanderers en SuperSport-park, albei in die Johannesburgse gebied, is as plekke vir die toernooi aangekondig.[3] Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.
Remove ads
Deelnemers
Vir die eerste keer het slegs die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 1 Augustus 2009 het vir die Kampioenetrofee 2009 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2009 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

Gekwalifiseer deur die IKR se EDI-ranglys
Nie gekwalifiseer nie
Nie deelgeneem nie
Remove ads
Stadions
Tydens die toernooi is twee Suid-Afrikaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Formaat
Die Kampioenetrofee 2009 is oor 14 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 22 September 2009 op SuperSport-park in Centurion met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 5 Oktober met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Kampioenetrofee verdedig het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2009 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepe
Groepfase
Die Kampioenetrofee 2009 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Remove ads
Betrokkenes
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van agt skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.[11]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
|
Remove ads
Wedstryde
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Groep A
t |
||
Nikita Miller 51 (57) Mohammad Amir 3/24 (7 boulbeurte) |
Umar Akmal 41* (51) Gavin Tonge 4/25 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Chadwick Walton het sy EDI-debuut gemaak.
t |
||
Travis Dowlin 55 (87) Nathan Hauritz 2/23 (7.5 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Shoaib Malik 128 (126) Ashish Nehra 4/55 (10 boulbeurte) |
Rahul Dravid 76 (103) Saeed Ajmal 2/31 (8.5 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shoaib Malik (Pak) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[12]
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
t |
||
Michael Hussey 67 (65) Ashish Nehra 1/38 (8 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Mohammad Yousuf 45 (69) Shane Watson 2/32 (8 boulbeurte) |
Michael Hussey 64 (87) Saeed Ajmal 2/31 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
t |
||
Daren Sammy 23 (38) Praveen Kumar 3/22 (9 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Royston Crandon (WI) het sy EDI-debuut gemaak.
- MS Dhoni neem sy eerste EDI-paaltjie.
Groep B
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 262 lopies in 37.4 boulbeurte vir Suid-Afrika.
- Tillakaratne Dilshan (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[12]
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wayne Parnell (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[13]
t |
||
Thilina Kandamby 53 (82) James Anderson 3/20 (9.3 boulbeurte) |
Eoin Morgan 62* (83) Nuwan Kulasekara 2/42 (9 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Jesse Ryder 74 (58) Sanath Jayasuriya 3/39 (10 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 77 (85) Kyle Mills 3/69 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Graeme Smith (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[12]
- Die 624 totale aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n Kampioenetrofeewedstryd en oortref die 570 lopies tussen Australië en Indië tydens die 1998-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Indië en Suid-Afrika tydens die 2013-toernooi.[14]
- Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Paul Collingwood 40 (58) Grant Elliott 4/31 (8 boulbeurte) |
Martin Guptill 53 (55) Stuart Broad 4/39 (8.1 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
Uitklopfase
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
2 Oktober – Centurion | ||||||
![]() |
257 | |||||
![]() |
258/1 | 5 Oktober – Centurion | ||||
![]() |
206/4 | |||||
3 Oktober – Johannesburg | ![]() |
200/9 | ||||
![]() |
233/9 | |||||
![]() |
234/5 |
Halfeindrondte
t |
||
Tim Bresnan 80 (76) Peter Siddle 3/55 (10 boulbeurte) |
Shane Watson 136* (132) Graham Onions 1/47 (8 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Steven Davies (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
- Beide Shane Watson en Ricky Ponting (albei Aus) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[12]
t |
||
Umar Akmal 55 (62) Ian Butler 4/44 (10 boulbeurte) |
Grant Elliott 75* (103) Saeed Ajmal 2/39 (8 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Aaron Redmond (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
Eindstryd
t |
||
Martin Guptill 40 (64) Nathan Hauritz 3/37 (10 boulbeurte) |
Shane Watson 105* (129) Kyle Mills 3/27 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shane Watson (Aus) teken sy tweede agtereenvolgende kampioenetrofeehonderdtal aan.[12]
Remove ads
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2009.

Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Groepfase
Nie deelgeneem nie
Meeste lopies en paaltjies
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads