T20I-wêreldbeker 2012

IKR Wêreld Twintig20 From Wikipedia, the free encyclopedia

T20I-wêreldbeker 2012
Remove ads

Die T20I-wêreldbeker 2012 (Engels: 2012 ICC Men's T20 World Cup) is van 18 September tot 7 Oktober 2012 in Sri Lanka beslis. Dit was die vierde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2012 (2012 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Dit was die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat in ’n Asiatiese land aangebied is.

Thumb
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...

Die toernooi se formaat van 2007, 2009 en 2010 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2012 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan en Ierland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2012 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Australië, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Sri Lanka het Pakistan en Wes-Indië het Australië geklop, waardeur die gasheer Sri Lanka en Wes-Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Wes-Indië het Sri Lanka in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo met 36 lopies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm. Die verdedigende wêreldkampioen Engeland en Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.

Remove ads

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2012 aangewys. Ná die Kampioenetrofee 2002 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka aangebied is.

Deelnemers

Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka (gasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Vervolgens was daar geen verandering aan die deelnemende spanne teenoor die 2010-toernooi nie.

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2012-kwalifisering; altesaam 26 lande het deelgeneem.

 Gasheer

 Volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR)

 Wenner van die kwalifisering

 Deelgeneem aan die wêreldwye kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer

 Deelgeneem aan die plaaslike kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Tydens die toernooi is drie Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2012 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Meer inligting Pallekele, Colombo ...

Formaat

Die T20I-wêreldbeker 2012 is oor 20 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2012 op Mahinda Rajapaksa-stadion in Hambantota met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op R. Premadasa-stadion in Colombo op 7 Oktober met die eindstryd tussen Wes-Indië en Sri Lanka, waartydens Wes-Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 ingespan.

Kalender

Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Eerste rondte September, Di 18 ...

Groepe

Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:

  • Groep A: Colombo
  • Groep B: Colombo
  • Groep C: Hambantota
  • Groep D: Pallekele

Eerste rondte en Super Agt

Die T20I-wêreldbeker 2012 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[4] ’n Superboulbeurt is ingespan vir die beslissing van twee wedstryde, naamlik die tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka in Groep 1 op 27 September, asook die tussen Wes-Indië en Nieu-Seeland in dieselfde groep op 1 Oktober.

Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[5]

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

Remove ads

Skeidsregters en wedstrydbeamptes

’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[6]

Skeidsregters

Wedstrydbeamptes

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 21 September 2011 bekend gemaak.

Eerste rondte

Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
19 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
159/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
136 (19.3 boulbeurte)
Virat Kohli 50 (39)
Shapoor Zadran 2/33 (4 boulbeurte)
Mohammad Nabi 31 (17)
Lakshmipathy Balaji 3/19 (3.3 boulbeurte)
Indië wen met 23 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Najibullah Zadran (Afg) het sy T20I-debuut gemaak.
21 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
196/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
80 (17.2 boulbeurte)
Luke Wright 99* (55)
Izatullah Dawlatzai 2/56 (3 boulbeurte)
Gulbadin Naib 44 (32)
Samit Patel 2/6 (3 boulbeurte)
Engeland wen met 116 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Luke Wright (Eng)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Afghanistan teken met 80 almal uit die gesamentlik laagste telling tydens die T20I-wêreldbeker 2012 aan.[7]
  • Dit is Afghanistan se ergste T20I-wêreldbekernederlaag ooit volgens aantal lopies, erger as hul nederlaag met 59 lopies teen Suid-Afrika tydens die 2010-toernooi, toe hulle 140 lopies gejaag het.[8]
  • Dit is ook Engeland se grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies en oortref hul oorwinning met 50 lopies teen Zimbabwe tydens die 2007-toernooi.[8]
  • Engeland en Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
23 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
170/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
80 (14.4 boulbeurte)
Rohit Sharma 55* (33)
Steven Finn 2/33 (4 boulbeurte)
Craig Kieswetter 35 (25)
Harbhajan Singh 4/12 (4 boulbeurte)
Indië wen met 90 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Harbhajan Singh (Ind)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland teken met 80 almal uit die gesamentlik laagste telling tydens die T20I-wêreldbeker 2012 aan.[7]
  • Dit is ook Engeland se laagste T20I-telling ooit, minder as hul 2011-telling van 88 lopies teen Wes-Indië.[9]
  • Dit is Engeland se ergste T20I-wêreldbekernederlaag ooit volgens aantal lopies, erger as hul nederlaag met 19 lopies teen Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi, toe hulle 155 lopies gejaag het.[8]
  • Dit is ook Indië se grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies en oortref hul oorwinning met 37 lopies teen Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi.[8]
  • Engeland teken die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan en oortref daarmee Bangladesj se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 2007-toernooi – later oortref deur Nieu-Seeland teen Sri Lanka tydens die 2014-toernooi.[7][9]

Groep B

Meer inligting Span, S ...
19 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
123/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
125/3 (15.1 boulbeurte)
Kevin O’Brien 35 (29)
Shane Watson 3/26 (4 boulbeurte)
Shane Watson 51 (30)
Kevin O’Brien 1/18 (3 boulbeurte)
Australië wen met sewe paaltjies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Kumar Dharmasena (SL)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
22 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
191/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
100/1 (9.1 boulbeurte)
Chris Gayle 54 (33)
Mitchell Starc 3/35 (4 boulbeurte)
Shane Watson 41* (24)
Fidel Edwards 1/16 (2 boulbeurte)
Australië wen met 17 lopies (D/L-metode)
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Asad Rauf (Pak)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 100 lopies in 9.1 boulbeurte vir Australië.
  • Australië vorder hiermee tot die Super Agt.
24 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
129/6 (19 boulbeurte)
t
Niall O’Brien 25 (21)
Chris Gayle 2/21 (3 boulbeurte)
Onbeslis
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Kumar Dharmasena (SL)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 19 boulbeurte per span.
  • Ná verdere reën is die wedstryd voor Wes-Indië se kolfbeurt afgelas.
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep C

Meer inligting Span, S ...
18 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
182/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
100 (17.3 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 44 (26)
Graeme Cremer 1/27 (4 boulbeurte)
Hamilton Masakadza 20 (23)
Ajantha Mendis 6/8 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 82 lopies
Mahinda Rajapaksa-stadion, Hambantota
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Ajantha Mendis (SL)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dilshan Munaweera (SL) en Brian Vitori (Zim) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Ajantha Mendis word die tweede bouler en eerste Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[10] Hy behaal ook die destyds beste T20I-boulsyfers.[11]
20 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
93/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
94/0 (12.4 boulbeurte)
Craig Ervine 37 (40)
Jacques Kallis 4/15 (4 boulbeurte)
Richard Levi 50* (44)
Stuart Matsikenyeri 0/3 (0.4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met tien paaltjies
Mahinda Rajapaksa-stadion, Hambantota
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Jacques Kallis (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sri Lanka en Suid-Afrika vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
22 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
78/4 (7 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
46/5 (7 boulbeurte)
AB de Villiers 30 (13)
Nuwan Kulasekara 1/9 (1 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 13 (11)
Dale Steyn 2/10 (2 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 32 lopies
Mahinda Rajapaksa-stadion, Hambantota
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: AB de Villiers (RSA)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot sewe boulbeurte per span.

Groep D

Meer inligting Span, S ...
21 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
191/3 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
132/8 (20 boulbeurte)
Brendon McCullum 123 (58)
Abdur Razzaq 2/28 (4 boulbeurte)
Nasir Hossain 50 (39)
Tim Southee 3/16 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 59 lopies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Brendon McCullum (NZ)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Brendon McCullum word die vierde kolwer en eerste Nieu-Seelander wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.[12] Hy moker ook die destyds vinnigste T20I-honderdtal vir Nieu-Seeland (in 51 aflewerings).[13][14]
23 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
177/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
164/9 (20 boulbeurte)
Nasir Jamshed 56 (35)
Tim Southee 2/31 (4 boulbeurte)
Rob Nicol 33 (28)
Saeed Ajmal 4/30 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 13 lopies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Nasir Jamshed (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
25 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
175/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
178/2 (18.4 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 84 (54)
Yasir Arafat 3/25 (3 boulbeurte)
Imran Nazir 72 (36)
Abul Hasan 2/33 (3 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Imran Nazir (Pak)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Bangladesj se destyds hoogste T20I-wêreldbekertelling, meer as hul telling van 176/5 lopies teen Ierland tydens die 2022-toernooi[15] – later oortref teen Oman tydens die 2016-toernooi.[16]
  • Dit is die destyds hoogste suksesvolle T20I-lopiejaag deur Pakistan.[15][17]
  • Dit is ook die destyds hoogste suksesvolle T20I-lopiejaag teen Bangladesj.[15]
  • Shakib Al Hasan se 84 lopies in 54 aflewerings is die beste individuele T20I-telling teen Pakistan.[18]
  • Nieu-Seeland en Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.

Super Agt

Kitsfeite

Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Meer inligting Span, S ...
27 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
174/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
174/6 (20 boulbeurte)
Rob Nicol 58 (40)
Akila Dananjaya 2/32 (4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 76 (53)
James Franklin 2/34 (4 boulbeurte)
Gelykop; Sri Lanka wen die Superboulbeurt
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Tillakaratne Dilshan (SL)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Akila Dananjaya (SL) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Dit is slegs die tweede T20I-wêreldbekerwedstryd wat gelykop geëindig het.[19]
  • Dit is ook die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat deur ’n Superboulbeurt beslis is.
27 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
179/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
164/4 (20 boulbeurte)
Johnson Charles 84 (56)
Stuart Broad 2/26 (4 boulbeurte)
Eoin Morgan 71* (36)
Ravi Rampaul 2/37 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 15 lopies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Steve Davis (Aus)
Speler van die wedstryd: Johnson Charles (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Eoin Morgan teken die vinnigste T20I-wêreldbekervyftigtal vir Engeland aan (in 25 aflewerings).[20]
29 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
148/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
149/4 (18.5 boulbeurte)
James Franklin 50 (33)
Steven Finn 3/16 (4 boulbeurte)
Luke Wright 76 (43)
Daniel Vettori 1/20 (4 boulbeurte)
Engeland wen met ses paaltjies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Luke Wright (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
29 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
129/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
130/1 (15.2 boulbeurte)
Marlon Samuels 50 (35)
Ajantha Mendis 2/12 (4 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 65* (49)
Ravi Rampaul 1/39 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met nege paaltjies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Steve Davis (Aus)
Speler van die wedstryd: Mahela Jayawardene (SL)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
1 Oktober 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
139 (19.3 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
139/7 (20 boulbeurte)
Chris Gayle 30 (14)
Tim Southee 3/21 (4 boulbeurte)
Ross Taylor 62* (40)
Sunil Narine 3/20 (4 boulbeurte)
Gelykop; Wes-Indië wen die Superboulbeurt
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Asad Rauf (Pak)
Speler van die wedstryd: Sunil Narine (WI)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is slegs die derde T20I-wêreldbekerwedstryd wat gelykop geëindig het.[19]
  • Dit is ook slegs die tweede T20I-wêreldbekerwedstryd wat deur ’n Superboulbeurt beslis is.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
1 Oktober 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
169/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
150/9 (20 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 42 (38)
Stuart Broad 3/32 (4 boulbeurte)
Samit Patel 67 (48)
Lasith Malinga 5/31 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 19 lopies
Pallekele Krieketstadion, Pallekele
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Lasith Malinga (SL)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Lasith Malinga word die derde bouler en tweede Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[10][21][22]
  • Sri Lanka en Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep 2

Meer inligting Span, S ...
28 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
133/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
136/8 (19.4 boulbeurte)
JP Duminy 48 (38)
Mohammad Hafeez 2/23 (4 boulbeurte)
Umar Akmal 43* (41)
Dale Steyn 3/22 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met twee paaltjies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Umar Gul (Pak)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
28 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
140/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
141/1 (14.5 boulbeurte)
Irfan Pathan 31 (30)
Shane Watson 3/34 (4 boulbeurte)
Shane Watson 72 (42)
Yuvraj Singh 1/16 (2 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
30 September 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
146/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
147/2 (17.4 boulbeurte)
Robin Peterson 32* (19)
Xavier Doherty 3/20 (4 boulbeurte)
Shane Watson 70 (47)
Morné Morkel 1/23 (3 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
30 September 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
128 (19.4 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
129/2 (17 boulbeurte)
Shoaib Malik 28 (22)
Lakshmipathy Balaji 3/22 (3.4 boulbeurte)
Virat Kohli 78* (61)
Raza Hasan 1/22 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
2 Oktober 2012
15:30 (SLST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
149/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
117/7 (20 boulbeurte)
Nasir Jamshed 55 (46)
Mitchell Starc 3/20 (4 boulbeurte)
Michael Hussey 54* (47)
Saeed Ajmal 3/17 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 32 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Raza Hasan (Pak)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
2 Oktober 2012
19:30 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
152/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
151 (19.5 boulbeurte)
Suresh Raina 45 (34)
Robin Peterson 2/25 (4 boulbeurte)
Francois du Plessis 65 (38)
Zaheer Khan 3/22 (4 boulbeurte)
Indië wen met een lopie
R. Premadasa-stadion, Colombo
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit was die derde T20I-wêreldbekeroorwinning met een lopie.[19]
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte en word die eerste span wat vier agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindrondtes haal.[23]
  • Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfase

Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo ontmoet het.

  Halfeindrondte Eindrondte
             
4 Oktober – Colombo
 Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 139/4  
 Vlag van Pakistan Pakistan 123/7   7 Oktober – Colombo
     Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 137/6
5 Oktober – Colombo    Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 101
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 205/4
 Vlag van Australië Australië 131  

Halfeindrondte

4 Oktober 2012
19:00 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
139/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
123/7 (20 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 42 (36)
Mohammed Hafeez 1/12 (2 boulbeurte)
Mohammed Hafeez 42 (40)
Rangana Herath 3/25 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 16 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Bywoning: 35 000
Skeidsregters: Simon Taufel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Mahela Jayawardene (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
5 Oktober 2012
19:00 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
205/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
131 (16.4 boulbeurte)
Chris Gayle 75* (41)
Pat Cummins 2/36 (4 boulbeurte)
George Bailey 63 (29)
Ravi Rampaul 3/16 (3.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 74 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Bywoning: 22 345
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Kumar Dharmasena (SL)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Australië se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
  • Dit is Wes-Indië se gesamentlik hoogste T20I-wêreldbekertelling, gelyk aan hul 2007-telling van 205/6 teen Suid-Afrika – later oortref teen Afghanistan tydens die 2024-toernooi.[16]
  • Dit is ook Australië se destyds ergste T20I-wêreldbekernederlaag volgens aantal lopies – later oortref teen Nieu-Seeland tydens die 2022-toernooi.[24]

Eindstryd

7 Oktober 2012
19:00 (SLST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
137/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
101 (18.4 boulbeurte)
Marlon Samuels 78 (56)
Ajantha Mendis 4/12 (4 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 33 (36)
Sunil Narine 3/9 (3.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 36 lopies
R. Premadasa-stadion, Colombo
Bywoning: 35 000
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Marlon Samuels (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.


T20I-wêreldkampioen 2012
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
Remove ads

Statistiek

Finale puntestand

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2012:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Super Agt

 Eerste rondte

 Nie deelgeneem nie

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2012.

Meer inligting Rang, Span ...

Meeste lopies en paaltjies

Meer inligting Naam, Lopies ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads