Infanta
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Infanta is 'n klein nedersetting in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. 'n Uitloper van die Potberg aan die suide kant van die Breederivier eindig in Kaap Infante wat tot Infanta vervorm is. Die naam is glo in 1488 deur Bartolomeus Dias aan die kaap gegee op sy terugvaart nadat hy by die Groot-Visrivier gedraai het. Die naam is moontlik die naam van die kaptein van Dias se tweede karveel, João Infante. Die kusdorpie en oord lê 'n paar kilometer noord van die Kaap.
Remove ads
Sien ook
Bron
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads