Kurkbos

Plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Kurkbos
Remove ads

Die kurkbos (Mundulea sericea) is 'n klein boompie wat noordwaarts van die Vaalrivier en in die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. Die boom se peule word tot 8 cm lank en is met goudbruin, fluweelagtige hare bedek. Die hare word mettertyd grys en die peule hang 'n hele tydjie aan die boom. Die bas en hooftakke is diep gegroef en kurkagtig en bevat die gif rotenoon. Die blare word egter deur diere gevreet.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die spesie staan ook as die blou-ertjiebos en kurkboombos bekend.

Remove ads

Verspreiding

Die spesie kom voor in: Angola, Benin, Botswana, Eswatini, Indië, Ivoorkus, Kameroen, Kenia Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Sri Lanka, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Infraspesies

Die spesie het twee infraspesies:

  • Mundulea sericea subsp. madagascariensis Du Puy & Labat
  • Mundulea sericea subsp. sericea

Galery


Sien ook

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads